Quantcast
Channel: Musiek – Huisgenoot
Viewing all 141 articles
Browse latest View live

Kyk: Ken jy die Coffee Snobs?

$
0
0

Die Coffee Snobs skep musiek vir connoisseurs – en hulle bederf jou in hul album Aroma met ryke klanke.

3241 1600x1600

Die album is aanvanklik met vier sterre in Huisgenoot beloon toe Venette Wessels en haar man, Marius, nog deel was van ’n vierstuks en die album se naam Storm was.

Die paartjie het egter hul eie koers ingeslaan en hul debuutalbum herdoop, ’n nuwe baadjie aangetrek en twee bonusssnitte ingesluit.

KYK NA DIE COFFEE SNOBS SE SPLINTERNUWE MUSIEKVIDEO!

Die vraag is: Ken jy die Coffee Snobs? Die egpaar gesels oor hul nuwe musiekvideo en waar hulle mekaar ontmoet het.

Hoe was dit om die musiekvideo te skiet?
Dit was ’n fantastiese ervaring! Ons het baie min tyd gehad vir die shoot, letterlik een dag, want Albert het spesiaal opgevlieg van die Kaap af en moes die middag weer terugvlieg, maar die hele span was uiters professioneel en het alles vooraf haarfyn beplan. Nadia Beukes en Albert Maritz (die gewilde vermaakpersoonlikhede wat die hoofrolle in die video vertolk) was net absoluut amazing! Geen wonder hulle is twee van ons land se bestes nie; die emosie wat hulle in die video inbring, is so treffend, ’n mens kan nie help om diep geraak te word deur hul toneelspel nie.

Waar het julle die inspirasie vir die liedjie gekry?
Wel, soos enigiemand het ons ook al deur moeilike tye in ons lewe gegaan en dit was een van hierdie moeilike ervarings wat gelei het tot die liedjie. Toe dit voel of my wêreld heeltemaal in duie stort en daar niks is om aan vas te hou nie, het ek besef daar is net een plek waar ’n mens kan skuiling vind in sulke situasies en dit is by die Here.

Hoe het julle met die konsep vir die musiekvideo vorendag gekom?
Ons het koppe bymekaar gesit met die regisseur Corrie Uys van Llamafactory en almal insette en idees rondgegooi, maar dit was hy wat op die ou end met die idee van die outer body experience vorendag gekom het en dit is nogal iets unieks wat nog nie baie gebruik is in die Afrikaanse musiek bedryf nie!

Watter soort musiek luister Coffee Snobs?
Enige goeie musiek! Maar ons hou veral van Coldplay, ’n bietjie Elvis, old school rock en rond dit af met ’n tikkie ligte klassieke musiek van André Rieu.

Waar het julle mekaar ontmoet?
Op ’n kerkkamp! Hulle sê mos dit is waar ’n mens die heel lekkerste vry;).

Hoe is dit om saam met jou ander helfte in ’n groep te wees?
Dit is bitter lekker! Een van die nadele van musikant wees, is dat ’n mens baie weg is van die huis en daarom is dit so ’n groot voorreg om dit saam te kan doen. Ons is ook ’n baie goeie span en vul mekaar goed aan. Marius is uitstekend met die bestuur en bemarking van ons musiek, terwyl ek hoofsaaklik die liedjies skryf en verwerkings doen. Dit werk soos ’n goed ge-oliede masjien!

Watter rol speel geloof in jul musiek?
Dit speel ’n baie groot rol, want dit speel ’n baie groot rol in ons lewens. Ons is nie ’n gospelgroep nie, maar ons is kinders van God en daarom gebeur dit spontaan dat dit na ons musiek oorspoel.

Ander stories op Huisgenoot.com

Presiese oorsaak van Prince se dood amptelik bekend
Vermiste Japannese seuntjie wat as straf langs pad afgelaai is, gevind
‘Ek is glad nie bang nie, tannie’: Jong kankerlyer staak behandeling en stel vertroue in geloof
Is hierdie dalk Bobby se grootste aanhanger?
Jy sal nie glo hoekom kannetjie sy pa by die polisie aangekla het nie!
Wanhopige ma se geskenk vir haar siek kind gaan jou hart breek

Kyk: Elvis Blue slaan asem weg in splinternuwe musiekvideo

$
0
0

Die geliefde sanger Elvis Blue het onlangs skoonskip gemaak by die jaarlikse Ghoema-prysaand, en nou verras hy sy aanghangers met ’n splinternuwe musiekvideo.

Die musiekvideo vir The Tide wys ’n man wat bly aanhou, ten spyte van die struikelblokke in sy pad, vertel die sanger. Die snit boer al ’n geruime tyd op radiostasies en vorm deel van Elvis se nuwe album, Optics, wat later in Junie verskyn.

“Ons almal ervaar dinge wat ons uitdaag,” sê Elvis oor The Tide. “Met hierdie musiekvideo wou ek hierdie struikel uitbeeld. Ek hoop mense kan daarmee identifiseer.”

Lees ook: Elvis Blue gesels met Huisgenoot oor sy Ghoema-glorie

Elvis het ook by die afgelope naweek se South African Music Awards met die prys vir Beste Kontemporêre Album weggestap. Met hierdie nuutste wen het Elvis sy naam in die geskiedenisboeke verewig aangesien dit beteken hy het effektief ’n SAMA vir elk van sy albums tot dusver gewen.

“Sjoe, wat kan ek sê!” was Elvis se reaksie na afloop van sy nuutste wen. “Jy is waarlik gelukkig as jy kan doen waarvoor jy lief is op ’n daaglikse basis.”

Kyk hier na Elvis se nuwe musiekvideo vir The Tide:

Lees ook op Huisgenoot.com:

Skokaankondiging vir SA Uber-gebruikers
Papegaai sien glo eienaar se moord, herhaal nou sy laaste woorde oor en oor
Skrywer van die inspirerende Vir die Siel-reeks, Susan Coetzer, gee raad vir dié week
Suid-Afrikaners deel hul gunsteling-Afrikaanse woord
Gaan so lag-lag terug werk toe ná kraamverlof
Hoe goed ken jy jou 1933-vertaling van Die Bybel?

Liefde by die Dam: Francois van Coke kan skaars wag

$
0
0

Vanjaar se Jeugdagvierings gaan ’n prettige affêre wees vir enigeen wat hulle by die beeldskone Emmarentiadam in Johannesburg bevind.

Die veelsydige sanger en liedjieskrywer Francois van Coke is maar een van vele kunstenaars wat tydens die dag lange musiekfees Liefde by die Dam gaan optree.

Ons het Francois bietjie gaan pols om uit te vind waarna aanhangers en feesgangers kan uitsien:

1. Wat kan mense verwag van jou by Liefde by die Dam?
Ek gaan meestal van die materiaal van my soloalbum speel, maar ook een of twee uit my verlede. Iets van Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel. Ek het ’n fantastiese band wat saam met my speel. Ons speel ook nou al meer as ’n jaar saam en die ouens is gevaarlik.

2. Kan aanhangers dalk uitsien na ’n nuwe duet saam een van die ander kunstenaars by die fees?
Ek weet nie of jy dit ’n duet kan noem nie, maar ek en die Heuwels gaan ’n liedjie of twee saam doen.

3. Het jy al saamgewerk met al die ander kunstenaars wat daar gaan wees? Soos Brendan Peyper en Valiant Swart? Of is dit die eerste keer dat jy van hulle op die verhoog gaan teëkom?
Ek het al baie saam met die Heuwels gewerk. Ons het al saam ‘n paar liedjies uitgereik en ons speel gereeld saam. Ek het al ’n verhoog gedeel met al die ander kunstenaars ook; dus ken ons mekaar darem.

Lees ook: Die folky Majozi eersdaags op die Liefde by die Dam-verhoog

4. Wat is die skokkendste ding wat jy al van die verhoog af gesien het?
Ek het al ’n groot bakleiery van die verhoog af gesien so ’n paar jaar gelede by die Absa KKNK. Albei ouens betrokke was besmeer met bloed en ek het die optrede stopgesit as gevolg daarvan. Ek het al ’n paar gevegte gesien van die verhoog af, maar dit was ’n rowwe een.

5. Kan jy ’n spesifieke vertoning op ’n spesifieke plek/dorp onthou wat vir jou uitstaan omdat iets besonders daar gebeur het? Kan jy ons vertel?
Ek is ’n groot aanhanger van Oppikoppi. Ek tree al van 2004 af by elke Oppikoppi op saam met Fokofpolisiekar, Van Coke Kartel en verlede jaar vir die eerste keer solo. Daar het al besonderse goed by Oppikoppi gebeur. Ek het al van my beste optredes daar gehad en ook van my persoonlike slegtes, maar hulle is altyd spesiaal.

6. Hoe voel jy oor die uitmuntende sukses wat jou en Karen Zoid se duet Toe Vind Ek Jou in die afgelope paar maande bereik het?
Ek voel verstom en nederig. Dit was wonderlik om te sien hoe die lied met verskillende mense, van verskillende tale, ouderdomme en agtergronde resoneer. Ek het nog nooit so iets ervaar nie; dit is ’n spesiale lied. Die pryse is ’n bonus.

?????

Kaartjiepryse vir Liefde by die Dam begin by R160.

Klik hier om kaartjies te koop. Volg Liefde by die Dam op Facebook en Instagram, sluit aan by die Facebook-geleentheidblad en twiet saam op Twitter.

Hierdie Jakaranda FM-musiekervaring word aangebied deur Huisgenoot, kykNET en TicketPro.

Mamma Mia! Abba-aanhangers sal hiervan hou

$
0
0

Sedert Abba in 1974 die Eurovision-liedjiewedstryd gewen het, het hulle byna 400 miljoen albums verkoop.

Op Sondag 6 Junie het die viertal byeengekom vir ’n baie spesiale dag: Bjorn Ulvaeus en Benny Andersson het 50 jaar gelede op 5 Junie 1976 ’n vennootskap aangegaan wat sou lei tot een van die suksesvolste musiekgroepe in die geskiedenis: Abba.

Benny beskryf die twee manne se vriendskap as volg op sy Facebookblad: “Ons vriendskap is een van stille begrip en onwankelbare lojaliteit.”

So is die groot geleentheid aangekondig.

A photo posted by wiwibloggs (@wiwibloggs) on

Die groep het in 2005 wel saam opgedaag by die première van die lokettreffer Mamma Mia!

ABBA_2008 by movie

Die onvergeetlike Meryl Streep en Amanda Seyfried het jou voete behoorlik laat jeuk om saam te dans in die fliek.

Meer onlangs was die vierstuks by die opening van ’n restaurant met ’n Abba-tema, maar hulle het nog net een keer saam in die openbaar gesing sedert hulle in 1983 uitmekaargespat het.

Dit was in 1986 toe hulle as ’n groep saamgesing het om hulde aan hul bestuurder, Stig Anderson, te bring tydens die Sweedse weergawe van This Is Your Life.

Tydens Sondag se galageleentheid het Agnetha Faltskog en Anni-Frid Lyngstad Me and I gesing.

Hier is ’n weergawe van die liedjie wat in 1981 op die Cavett Dick Show uitgesaai is.

Aan die einde van die liedjie het Benny en Bjorn ingespring en saamgesing.

Dit moes ’n ongelooflike ervaring gewees het om die unieke stemme van Abba ná 30 jaar weer saam te hoor sing.

Ses van Abba se gewildste liedjies vir lekker saamluister en – dans!

Mamma Mia

Dancing Queen

Waterloo

The winner Takes It All

Fernando

Money, Money, Money

Lees ook op Huisgenoot.com:

Polisie se skokontdekking by Kaapse kleuterskool
Elvis Blue slaan asem weg in splinternuwe musiekvideo

Die dinamiese trio BlackByrd verklap ’n paar geheime

$
0
0

Eersdaags gaan gehore weer gaande wees oor die oulike trio BlackByrd, wat by die mooie Emmarentiadam in Johannesburg by die dag lange musiekfees Liefde by die Dam gaan optree.

Kunstenaars soos Francois van Coke, Majozi, Brendan Peyper en Valiant Swart gaan ook die skare vermaak.

Ons het die groepie van naderby leer ken.

1. Waar kom die naam BlackByrd vandaan?
Dis geïnspireer deur die Paul McCartney-treffer Blackbird.

2. Wie is julle en wat is elkeen in die groep se sterk punte?

Tarryn Lamb is die hoofsanger, Tamsyn Maker bespeel die hoofkitaar en Axene Prinsloo die ritmiese kitaar. Ons al drie sing, speel kitaar en skryf liedjies.

Lees ook: Liefde by die Dam: Francois van Coke kan skaars wag

3. Hoe het julle as ’n groep saam begin musiek maak?
Ons was vriende voor ons saam begin optree het. Ons het mekaar gereeld by musiekvertonings raakgeloop en ons agent het ons later bymekaargebring. Natuurlik was ons baie opgewonde, en ná drie jaar saam geniet ons nog elke oomblik van saam toer.

BlackByrd_07 (6)

4. Wat was die afgelope jaar vir julle hoogtepunte?
Ons kan nie regtig ’n enkele hoogtepunt uitsonder nie omdat elke oomblik op die verhoog vreeslik spesiaal is. Dit is ’n groot eer om te doen wat ons doen en die feit dat ons by al die groot feeste kan optree, is die kersie op die koek.

5. Waarna kan aanhangers uitsien by Donderdag se konsert by die Emmarentiadam?
Ons het ’n baie lekker optrede saamgestel vir Liefde by die Dam. Al wat ons bereid is om te sê, is dat almal hul piekniekmandjies moet pak en gereed moet maak vir ’n lekker rustige kuier!

6. Verklap ’n bietjie meer oor die groep:
a. Wie is altyd laat?…Tarryn
b. Wie partytjie die graagste?…Tarryn
c. Wie bring die meeste tyd op haar foon deur?…Tammy
d. Wie kry die meeste aandag van die teenoorgestelde geslag?…Tammy
e. Wie het ’n geheime talent en wat is dit?…Axene hou van met haar hande werk en het al ’n bedbasis gebou en verkoop.

Skud jou vere reg om saam met UB40 te reggae!

$
0
0

Die driestuk bestaande uit Ali Cambell, Astro en Mickey Virtue het reeds die afgelope drie jaar met groot sukses deur Amerika en Engeland getoer.

UB40, Brittanje se suksesvolste reggae-groep van alle tye, is reeds van 1979 op die treffersparade. En daar is oënskynlik geen einde aan die gewildheid van hul musiek nie.

Wie het nie al saamgesing of -gedans op hierdie een nie?

Sedert die groep in 2013 met hul wêreldtoer begin het, het hulle voor een na die ander uitverkoopte gehore, onder meer in Londen se o2-arena en in Amerika opgetree.

Een van UB40 se tydlose treffers . . .

En nou kies drie van die oorspronklike lede van UB40 koers na Suid-Afrika toe met hul Red Red Wine-toer!

Jy kan uitsien na van hul klassieke treffers tydens hul optredes in Kaapstad, Port Elizabeth, Durban en Johannesburg.

Ken jy dalk die deuntjie, maar nie besef dis UB40 se werk nie?

Kaartjieverkope open op Dinsdag, 31 Mei 2016 en is beskikbaar by www.bigconcerts.co.za

Toerprogram
(Aangebied deur: Heart FM, Algoa FM, East Coast Radio, Jacaranda FM en Channel 24)
Kaapstad

Saterdag, 5 November – Grand Arena, GrandWest
Kaartjiepryse: R510 – R745

Port Elizabeth
Dinsdag, 8 November – Nelson Mandela Bay-stadion (Buiteveld)
Kaartjieprys: R480

Durban
Donderdag, 10 November – Durban Botaniese Tuine
Kaartjieprys: R480

Johannesburg
Saterdag, 12 November – Ticketpro Dome
Kaartjiepryse: R450 – R790

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Mense vorm ‘trampolien’ om gesin uit brandende woonstelblok te red
Wêreld se eerste 3D-gedrukte motorfiets lig soos ’n veer
Twee van ons land se mooistes byeen in Monaco!
Gert van Rooyen: ‘Slagoffer’ verbreek stilte ná 39 jaar
‘Ek is so dankbaar’: Vrou wat 18 jaar gelede uit brandende gebou gered is, herenig met haar redder

Kyk: Ken jy die Coffee Snobs?

$
0
0

Die Coffee Snobs skep musiek vir connoisseurs – en hulle bederf jou in hul album Aroma met ryke klanke.

3241 1600x1600

Die album is aanvanklik met vier sterre in Huisgenoot beloon toe Venette Wessels en haar man, Marius, nog deel was van ’n vierstuks en die album se naam Storm was.

Die paartjie het egter hul eie koers ingeslaan en hul debuutalbum herdoop, ’n nuwe baadjie aangetrek en twee bonusssnitte ingesluit.

KYK NA DIE COFFEE SNOBS SE SPLINTERNUWE MUSIEKVIDEO!

Die vraag is: Ken jy die Coffee Snobs? Die egpaar gesels oor hul nuwe musiekvideo en waar hulle mekaar ontmoet het.

Hoe was dit om die musiekvideo te skiet?
Dit was ’n fantastiese ervaring! Ons het baie min tyd gehad vir die shoot, letterlik een dag, want Albert het spesiaal opgevlieg van die Kaap af en moes die middag weer terugvlieg, maar die hele span was uiters professioneel en het alles vooraf haarfyn beplan. Nadia Beukes en Albert Maritz (die gewilde vermaakpersoonlikhede wat die hoofrolle in die video vertolk) was net absoluut amazing! Geen wonder hulle is twee van ons land se bestes nie; die emosie wat hulle in die video inbring, is so treffend, ’n mens kan nie help om diep geraak te word deur hul toneelspel nie.

Waar het julle die inspirasie vir die liedjie gekry?
Wel, soos enigiemand het ons ook al deur moeilike tye in ons lewe gegaan en dit was een van hierdie moeilike ervarings wat gelei het tot die liedjie. Toe dit voel of my wêreld heeltemaal in duie stort en daar niks is om aan vas te hou nie, het ek besef daar is net een plek waar ’n mens kan skuiling vind in sulke situasies en dit is by die Here.

Hoe het julle met die konsep vir die musiekvideo vorendag gekom?
Ons het koppe bymekaar gesit met die regisseur Corrie Uys van Llamafactory en almal insette en idees rondgegooi, maar dit was hy wat op die ou end met die idee van die outer body experience vorendag gekom het en dit is nogal iets unieks wat nog nie baie gebruik is in die Afrikaanse musiek bedryf nie!

Watter soort musiek luister Coffee Snobs?
Enige goeie musiek! Maar ons hou veral van Coldplay, ’n bietjie Elvis, old school rock en rond dit af met ’n tikkie ligte klassieke musiek van André Rieu.

Waar het julle mekaar ontmoet?
Op ’n kerkkamp! Hulle sê mos dit is waar ’n mens die heel lekkerste vry;).

Hoe is dit om saam met jou ander helfte in ’n groep te wees?
Dit is bitter lekker! Een van die nadele van musikant wees, is dat ’n mens baie weg is van die huis en daarom is dit so ’n groot voorreg om dit saam te kan doen. Ons is ook ’n baie goeie span en vul mekaar goed aan. Marius is uitstekend met die bestuur en bemarking van ons musiek, terwyl ek hoofsaaklik die liedjies skryf en verwerkings doen. Dit werk soos ’n goed ge-oliede masjien!

Watter rol speel geloof in jul musiek?
Dit speel ’n baie groot rol, want dit speel ’n baie groot rol in ons lewens. Ons is nie ’n gospelgroep nie, maar ons is kinders van God en daarom gebeur dit spontaan dat dit na ons musiek oorspoel.

Ander stories op Huisgenoot.com

Presiese oorsaak van Prince se dood amptelik bekend
Vermiste Japannese seuntjie wat as straf langs pad afgelaai is, gevind
‘Ek is glad nie bang nie, tannie’: Jong kankerlyer staak behandeling en stel vertroue in geloof
Is hierdie dalk Bobby se grootste aanhanger?
Jy sal nie glo hoekom kannetjie sy pa by die polisie aangekla het nie!
Wanhopige ma se geskenk vir haar siek kind gaan jou hart breek

Kyk: Elvis Blue slaan asem weg in splinternuwe musiekvideo

$
0
0

Die geliefde sanger Elvis Blue het onlangs skoonskip gemaak by die jaarlikse Ghoema-prysaand, en nou verras hy sy aanghangers met ’n splinternuwe musiekvideo.

Die musiekvideo vir The Tide wys ’n man wat bly aanhou, ten spyte van die struikelblokke in sy pad, vertel die sanger. Die snit boer al ’n geruime tyd op radiostasies en vorm deel van Elvis se nuwe album, Optics, wat later in Junie verskyn.

“Ons almal ervaar dinge wat ons uitdaag,” sê Elvis oor The Tide. “Met hierdie musiekvideo wou ek hierdie struikel uitbeeld. Ek hoop mense kan daarmee identifiseer.”

Lees ook: Elvis Blue gesels met Huisgenoot oor sy Ghoema-glorie

Elvis het ook by die afgelope naweek se South African Music Awards met die prys vir Beste Kontemporêre Album weggestap. Met hierdie nuutste wen het Elvis sy naam in die geskiedenisboeke verewig aangesien dit beteken hy het effektief ’n SAMA vir elk van sy albums tot dusver gewen.

“Sjoe, wat kan ek sê!” was Elvis se reaksie na afloop van sy nuutste wen. “Jy is waarlik gelukkig as jy kan doen waarvoor jy lief is op ’n daaglikse basis.”

Kyk hier na Elvis se nuwe musiekvideo vir The Tide:

Lees ook op Huisgenoot.com:

Skokaankondiging vir SA Uber-gebruikers
Papegaai sien glo eienaar se moord, herhaal nou sy laaste woorde oor en oor
Skrywer van die inspirerende Vir die Siel-reeks, Susan Coetzer, gee raad vir dié week
Suid-Afrikaners deel hul gunsteling-Afrikaanse woord
Gaan so lag-lag terug werk toe ná kraamverlof
Hoe goed ken jy jou 1933-vertaling van Die Bybel?

EKSKLUSIEF! Karen Zoid se liedjie spesiaal vir Huisgenoot en vir jóú!

$
0
0

Karen Zoid se nuwe liedjie ter viering van Huisgenoot se 100ste verjaardag vertel van die lewe se soet en suur, nes die tydskrif self.

xx

Karen Zoid het spesiaal ’n lied ter viering van Huisgenoot se 100ste verjaarsdag geskryf. Foto: Anelia Loubser

Dit gaan oor die goeie en die donker tye. Dis vir die glansmense en die “gewone” mense. Trouens, die liedjie is so eerlik, verduidelik Karen, “soos die eerlikste tydskrif in die land: Huisgenoot”.

Daarom is dit juis die volmaakte klankbaan vir die verhaal van ’n tydskrif wat reeds die afgelope 100 jaar ’n Suid-Afrikaanse instelling is.

Huisgenoot word op 20 Mei 2016 ’n eeu oud. Karen vertel sy was dadelik geïnspireer om Waar was Jy? te skryf nadat sy deur die Huisgenoot 100-gedenkboek geblaai het.

“Ek het die boek toegemaak en met my kitaar op my skoot die koor begin sing en skryf,” vertel sy.

’n Wêreld groot, ’n wêreld klein
vol geluk, en ook pyn
bloos of blik,
ons verdwyn.
Kan jy onthou – waar was jy?

Karen vertel dat die lewe nie so skoon is soos ’n spieël nie. “Ons almal beleef goeie en slegte tye. Dit is wat Huisgenoot volksbesit maak: Die stories laat ons onthou ons is nie alleen in hierdie wêreld nie.”

Dié gewilde rocker het Waar Was Jy? die eerste keer tydens die Huisgenoot 100-konsert by die onlangse Absa Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn gesing.

“Die reaksie was baie positief,” vertel sy trots.

“Wat ek graag met die liedjie wou regkry, is dat dit tot almal – van kinders en grootmense tot ou mense – sal spreek; dat almal dit verstaan.”

Huisgenoot se redakteur, Henriëtte Loubser, meen Karen het presies dit reggekry. “Sy het met woorde en melodie die emosies rondom ons mylpaal vasgevang, asook die plek wat Huisgenoot al ’n eeu lank in ons lesers se lewe en hart beklee.

“Huisgenoot skryf onopgesmuk oor gewone mense en bekendes se glorie en teleurstellings, en dit is wat die lied probeer oordra: dat die lewe vol oppe en awwe is, maar dat ons mensheid ons saambind.

“Ons dink dit gaan ’n groot treffer wees!”

Minder as 24 uur nadat die liedjie uitgereik is, het dit die topposisie op die Suid-Afrikaanse iTunes-ranglys behaal.

So kan jy die Huisgenoot-verjaardagliedjie kry:

Die liedjie wat Karen Zoid vir Huisgenoot geskryf het om ons 100ste verjaardag te vier, Waar Was Jy?, is nou op iTunes en Apple Music beskikbaar.

Volg dié stappe as jy die liedjie van iTunes wil koop en aflaai:

1. Laai die iTunes-app af op jou slimfoon, rekenaar of Mac.
2. Maak die app oop en gaan na Karen Zoid se blad.
3. Soek “Waar Was Jy?” en klik op die aflaaiknoppie.
4. Vul jou iTunes-wagwoord in. Dit sal beteken jy betaal vir die liedjie om op jou slimfoon of rekenaar afgelaai te word en jy kan dus soveel keer jy wil daarna luister, wanneer en waar jy wil.

itunes
As jy reeds iTunes het, kan jy Karen se liedjie by hierdie skakel aflaai.

Jy kan ook op Apple Music na die liedjie luister. As jy nie reeds ’n intekenaar is nie, kan jy as ’n toetslopie vir drie maande gratis inteken en na soveel musiek luister as wat jy wil.

Jy sal eers oor drie maande hoef te betaal!

Teken so in op Apple Music:

1. Maak die Apple Music-app oop op jou slimfoon, Mac of rekenaar.
2. Kies “Start your free trial now” en kies ’n plan.
3. Vul jou Apple-ID in of skep ’n nuwe een as jy nie een het nie.
4. Bevestig jou intekening en geniet drie maande se gratis musiek.

apple music
As jy reeds ingeteken is op Apple Music, kan jy na Waar Was Jy? luister deur op hierdie skakel te kliek.

LET WEL:

  • Jy moet internettoegang hê om aan te sluit, na musiek te luister en dit af te laai.
  • Jy het ’n kredietkaart of iTunes-krediet nodig om die gratis toetslopie van drie maande te benut.
  • Jy sal eers nadat die drie maande verby is vir die intekening betaal.

Liefde by die Dam: Francois van Coke kan skaars wag

$
0
0

Vanjaar se Jeugdagvierings gaan ’n prettige affêre wees vir enigeen wat hulle by die beeldskone Emmarentiadam in Johannesburg bevind.

Die veelsydige sanger en liedjieskrywer Francois van Coke is maar een van vele kunstenaars wat tydens die dag lange musiekfees Liefde by die Dam gaan optree.

Ons het Francois bietjie gaan pols om uit te vind waarna aanhangers en feesgangers kan uitsien:

1. Wat kan mense verwag van jou by Liefde by die Dam?
Ek gaan meestal van die materiaal van my soloalbum speel, maar ook een of twee uit my verlede. Iets van Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel. Ek het ’n fantastiese band wat saam met my speel. Ons speel ook nou al meer as ’n jaar saam en die ouens is gevaarlik.

2. Kan aanhangers dalk uitsien na ’n nuwe duet saam een van die ander kunstenaars by die fees?
Ek weet nie of jy dit ’n duet kan noem nie, maar ek en die Heuwels gaan ’n liedjie of twee saam doen.

3. Het jy al saamgewerk met al die ander kunstenaars wat daar gaan wees? Soos Brendan Peyper en Valiant Swart? Of is dit die eerste keer dat jy van hulle op die verhoog gaan teëkom?
Ek het al baie saam met die Heuwels gewerk. Ons het al saam ‘n paar liedjies uitgereik en ons speel gereeld saam. Ek het al ’n verhoog gedeel met al die ander kunstenaars ook; dus ken ons mekaar darem.

Lees ook: Die folky Majozi eersdaags op die Liefde by die Dam-verhoog

4. Wat is die skokkendste ding wat jy al van die verhoog af gesien het?
Ek het al ’n groot bakleiery van die verhoog af gesien so ’n paar jaar gelede by die Absa KKNK. Albei ouens betrokke was besmeer met bloed en ek het die optrede stopgesit as gevolg daarvan. Ek het al ’n paar gevegte gesien van die verhoog af, maar dit was ’n rowwe een.

5. Kan jy ’n spesifieke vertoning op ’n spesifieke plek/dorp onthou wat vir jou uitstaan omdat iets besonders daar gebeur het? Kan jy ons vertel?
Ek is ’n groot aanhanger van Oppikoppi. Ek tree al van 2004 af by elke Oppikoppi op saam met Fokofpolisiekar, Van Coke Kartel en verlede jaar vir die eerste keer solo. Daar het al besonderse goed by Oppikoppi gebeur. Ek het al van my beste optredes daar gehad en ook van my persoonlike slegtes, maar hulle is altyd spesiaal.

6. Hoe voel jy oor die uitmuntende sukses wat jou en Karen Zoid se duet Toe Vind Ek Jou in die afgelope paar maande bereik het?
Ek voel verstom en nederig. Dit was wonderlik om te sien hoe die lied met verskillende mense, van verskillende tale, ouderdomme en agtergronde resoneer. Ek het nog nooit so iets ervaar nie; dit is ’n spesiale lied. Die pryse is ’n bonus.

?????

Kaartjiepryse vir Liefde by die Dam begin by R160.

Klik hier om kaartjies te koop. Volg Liefde by die Dam op Facebook en Instagram, sluit aan by die Facebook-geleentheidblad en twiet saam op Twitter.

Hierdie Jakaranda FM-musiekervaring word aangebied deur Huisgenoot, kykNET en TicketPro.

Mamma Mia! Abba-aanhangers sal hiervan hou

$
0
0

Sedert Abba in 1974 die Eurovision-liedjiewedstryd gewen het, het hulle byna 400 miljoen albums verkoop.

Op Sondag 6 Junie het die viertal byeengekom vir ’n baie spesiale dag: Bjorn Ulvaeus en Benny Andersson het 50 jaar gelede op 5 Junie 1976 ’n vennootskap aangegaan wat sou lei tot een van die suksesvolste musiekgroepe in die geskiedenis: Abba.

Benny beskryf die twee manne se vriendskap as volg op sy Facebookblad: “Ons vriendskap is een van stille begrip en onwankelbare lojaliteit.”

So is die groot geleentheid aangekondig.

A photo posted by wiwibloggs (@wiwibloggs) on

Die groep het in 2005 wel saam opgedaag by die première van die lokettreffer Mamma Mia!

ABBA_2008 by movie

Die onvergeetlike Meryl Streep en Amanda Seyfried het jou voete behoorlik laat jeuk om saam te dans in die fliek.

Meer onlangs was die vierstuks by die opening van ’n restaurant met ’n Abba-tema, maar hulle het nog net een keer saam in die openbaar gesing sedert hulle in 1983 uitmekaargespat het.

Dit was in 1986 toe hulle as ’n groep saamgesing het om hulde aan hul bestuurder, Stig Anderson, te bring tydens die Sweedse weergawe van This Is Your Life.

Tydens Sondag se galageleentheid het Agnetha Faltskog en Anni-Frid Lyngstad Me and I gesing.

Hier is ’n weergawe van die liedjie wat in 1981 op die Cavett Dick Show uitgesaai is.

Aan die einde van die liedjie het Benny en Bjorn ingespring en saamgesing.

Dit moes ’n ongelooflike ervaring gewees het om die unieke stemme van Abba ná 30 jaar weer saam te hoor sing.

Ses van Abba se gewildste liedjies vir lekker saamluister en – dans!

Mamma Mia

Dancing Queen

Waterloo

The winner Takes It All

Fernando

Money, Money, Money

Lees ook op Huisgenoot.com:

Polisie se skokontdekking by Kaapse kleuterskool
Elvis Blue slaan asem weg in splinternuwe musiekvideo
Skokaankondiging vir SA Uber-gebruikers
Papegaai sien glo eienaar se moord, herhaal nou sy laaste woorde oor en oor
Skrywer van die inspirerende Vir die Siel-reeks, Susan Coetzer, gee raad vir dié week
Suid-Afrikaners deel hul gunsteling-Afrikaanse woord

Die dinamiese trio BlackByrd verklap ’n paar geheime

$
0
0

Eersdaags gaan gehore weer gaande wees oor die oulike trio BlackByrd, wat by die mooie Emmarentiadam in Johannesburg by die dag lange musiekfees Liefde by die Dam gaan optree.

Kunstenaars soos Francois van Coke, Majozi, Brendan Peyper en Valiant Swart gaan ook die skare vermaak.

Ons het die groepie van naderby leer ken.

1. Waar kom die naam BlackByrd vandaan?
Dis geïnspireer deur die Paul McCartney-treffer Blackbird.

2. Wie is julle en wat is elkeen in die groep se sterk punte?

Tarryn Lamb is die hoofsanger, Tamsyn Maker bespeel die hoofkitaar en Axene Prinsloo die ritmiese kitaar. Ons al drie sing, speel kitaar en skryf liedjies.

Lees ook: Liefde by die Dam: Francois van Coke kan skaars wag

3. Hoe het julle as ’n groep saam begin musiek maak?
Ons was vriende voor ons saam begin optree het. Ons het mekaar gereeld by musiekvertonings raakgeloop en ons agent het ons later bymekaargebring. Natuurlik was ons baie opgewonde, en ná drie jaar saam geniet ons nog elke oomblik van saam toer.

BlackByrd_07 (6)

4. Wat was die afgelope jaar vir julle hoogtepunte?
Ons kan nie regtig ’n enkele hoogtepunt uitsonder nie omdat elke oomblik op die verhoog vreeslik spesiaal is. Dit is ’n groot eer om te doen wat ons doen en die feit dat ons by al die groot feeste kan optree, is die kersie op die koek.

5. Waarna kan aanhangers uitsien by Donderdag se konsert by die Emmarentiadam?
Ons het ’n baie lekker optrede saamgestel vir Liefde by die Dam. Al wat ons bereid is om te sê, is dat almal hul piekniekmandjies moet pak en gereed moet maak vir ’n lekker rustige kuier!

6. Verklap ’n bietjie meer oor die groep:
a. Wie is altyd laat?…Tarryn
b. Wie partytjie die graagste?…Tarryn
c. Wie bring die meeste tyd op haar foon deur?…Tammy
d. Wie kry die meeste aandag van die teenoorgestelde geslag?…Tammy
e. Wie het ’n geheime talent en wat is dit?…Axene hou van met haar hande werk en het al ’n bedbasis gebou en verkoop.

?????

Kaartjiepryse vir Liefde by die Dam begin by R160.

Klik hier om kaartjies te koop. Volg Liefde by die Dam op Facebook en Instagram, sluit aan by die Facebook-geleentheidblad en twiet saam op Twitter.

Hierdie Jakaranda FM-musiekervaring word aangebied deur Huisgenoot, kykNET en TicketPro.

Splinternuwe musiekvideo en ander opwindende vooruitsigte vir Jennifer Zamudio

$
0
0

Jennifer Zamudio het pas die musiekvideo uitgereik van die eerste enkelsnit van haar album Ongelooflik, wat reeds landwyd beskikbaar is.

Die titelsnit is ’n treffende liefdeslied met betekenisvolle lirieke oor die waardering wat geliefdes vir mekaar kan koester. “Jy is my wêreld, jy maak my sterker, jy is ongelooflik,” sing Jennifer in dié liedjie, wat beloof om gou ’n radiotreffer te word.

Om die lirieke visueel uit te beeld, het Jennifer en haar span met ’n baie spesiale konsep vorendag gekom. “Ons het besluit om by ’n balletstudio in Moreletapark te skiet,” vertel die sangeres.

In die video word ’n liefdevolle verhouding tussen ’n ma en dogter uitgebeeld. “Hierdie oomblikke op die stel was veral baie spesiaal en kosbaar.”

Die liedjie is die tweede projek waarop sy nou saamwerk met die Amerikaanse agentskap Palmer Global Ink. “Allen McKendree Palmer en Bridgette Tatum van Nashville in Amerika het die liedjie geskryf,” verklap Jennifer.

Lees ook: Afrikaans binnekort op die verhoog in Nashville te hoor

Sy het hul Engelse lirieke na Afrikaans vertaal. Boonop vertrek sy binnekort na die Verenigde State om deel te neem aan die eindronde van die SuperXtar-sangkompetisie. “Ek sien baie uit, maar ek gaan almal se stemme nodig hê!” sê sy opgewonde.

Vyf van die liedjies op haar nuwe album is opgeneem met Allen en sy medeskrywers se samewerking. “Dié snitte het ’n internasionale klank, en dit het oorgespoel na die res van my album. Ek is baie tevrede met die eindresultaat.”

Groot nuus vir Julio Iglesias-aanhangers!

$
0
0

Die Spaanse sanger Julio Iglesias (72) sal in Oktober vanjaar in Suid-Afrika ’n draai maak voor hy as deel van sy wêreldtoer na Sri Lanka reis.

Julio sal treffers sing soos Quiereme Mucho, Hey, Moonlight Lady, Un Canto A Galicia, Por Una Mujer en een van die Suid-Afrikaanse gunstelinge, To All The Girls I’ve Loved Before. Hy tree saam met ’n orkes en dansers op en die vertoning beloof om ’n skouspel te wees.

Sy Suid-Afrikaanse toer begin op 14 Oktober in die Moreleta-ouditorium in Pretoria, op 19 Oktober tree hy in Kaapstad in die Grand Arena by GrandWest op en die laaste konsert is op 23 Oktober in Carnival City se Big Top Arena in Brakpan.

DSC_9210b

Die Spaanse sanger se loopbaan strek oor 47 jaar, hy het meer as 300 miljoen albums wêreldwyd verkoop, 2 600 goue en platinium-albums agter sy naam en hy het al by meer as 5 000 konserte opgetree.

Kaartjies vir Johannesburg en Kaapstad is beskikbaar by Computicket, en kaartjies vir die Pretoria-konsert via iTickets. Besoek www.starsinsa.co.za vir nog inligting.

Eksklusief: Adam reik eerste enkelsnit van splinternuwe album uit!

$
0
0

Ná drie suksesvolle albums en ’n kortalbum saam met Daniel Baron is die popgroep Adam (Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant) kliphard aan’t werk aan hul volgende album.

ADAM

Die album, Hoogtevrees, sal teen middel-Augustus op die rakke wees.

Maar aanhangers wat vies is omdat hulle nog so lank moet wag vir nuwe musiek van dié groep, sal bly wees om te hoor die eerste enkelsnit van die album word van vandag af op radiostasies landwyd gespeel.

Die liedjie is gister ’n dag vroeë ekslusief met Huisgenoot-lesers gedeel.

Die meeste mense sal kan identifiseer met die liedjie Hoogtevrees, vertel Hugo, wat dit saam met Reynardt geskryf het. “Dit gaan oor ’n romantiese verhouding wat by ’n kruispad kom en jy dan wonder: Wat nou?”

Dikwels sal ’n mens dan die verhouding in twyfel trek en wonder of dit gaan werk of nie. Hugo verduidelik dit is dan dat jy soms net jou oë moet toeknyp en ’n geloofsprong moet maak. “Jy moet van die verlede vergeet en op ’n skoon bladsy begin,” is sy raad.

Hy beskryf Hoogtevrees as ’n “polsende popliedjie met ’n vinnige tempo waarop jy lekker sal kan dans”.

Oor die uitreiking van die album in Augustus is die mans net so opgewonde. Hugo vertel hulle het twee jaar daaraan gewerk; daarom is dit hul album met die sterkste liedjies op. “Dit is in tipiese Adam-styl waaraan ons ondersteuners gewoond is. Ons het daardie fondament behou, maar tog ook ’n paar nuwe klanke ingebring,” sê hy.

Hoogtevrees is van vandag af op radiostasies te hoor!

Eksklusief: Snotkop vind sy cool kant in splinternuwe musiekvideo

$
0
0

Die Afrikaanse rapper Snotkop het geen bekendstelling nodig nie. Hy is alombekend vir sy energiebelaaide ritmes en skerpsinnige lirieke en nou is hy terug met ’n splinternuwe musiekvideo vir sy nuwe treffer, Cool Soos Koos Kombuis.

Dié video speel basies soos ’n visuele kortverhaal voor jou af en vertel die storie van ’n Jan Alleman wat wens hy was cooler. Hy droom daarvan om vir Koos Kombuis te ontmoet, want hy glo vas dié bekende liedjieboer sal hom help om sy cool-faktor te vind.

Die musiekvideo is deels in Kaapstad en Johannesburg verfilm. Groot was die vervaardigers se blydskap toe die legendariese Koos Kombuis ingestem het om ’n verskyning in die video te maak.

Snotkop kan nie uitgepraat raak oor hoe lekker dit was om Koos Kombuis in lewende lywe te ontmoet nie. Foto: Verskaf

Snotkop kan nie uitgepraat raak oor hoe lekker dit was om Koos Kombuis in lewende lywe te ontmoet nie. Foto: Verskaf

Snotkop (Francois Henning), ’n groot Koos Kombuis-aanhanger, kan nie uitgepraat raak oor hoe lekker dit was om sy kinderheld in lewende lywe te ontmoet nie.

“Koos is een van die vriendelikste en coolste ouens wat ek al ooit ontmoet het,” sê Snotkop. “Ek was baie starstruck toe ek hom die eerste keer sien, maar na ons begin skiet het, het ons lekker begin gesels.”

Die melkskommel-tonele was glo uiters morsig te skiet. Foto: YouTube

Die melkskommel-tonele was glo uiters morsig te skiet. Foto: YouTube

Die tonele in die restaurant was glo ’n groot gemors om te verfilm. Die melkskommels en hamburgers met sous wat in die toneel gebruik is, moes oor en oor op die modelle gemors word om die regte effek te kon kry. Gelukkig het die modelle nie omgegee nie!

Die indrukwekkende Mustang-tonele is op die stand by Muizenberg en op ’n nabygeleë krans verfilm. Snotkop vertel dié vintage motor het op ’n kol amper in die see ingerol ná hy hom geparkeer het. “Die kar het net eweskielik begin vorentoe rol toe ek uitklim,” vertel hy.

Dié vintage Mustang het glo amper by 'n berg afgerol tydens die skiet van die musiekvideo. Foto: Verskaf

Dié vintage Mustang het glo amper by ‘n berg afgerol tydens die skiet van die musiekvideo. Foto: Verskaf

Gelukkig was daar vier “sterk mans” op stel wat die Mustang enkele sentimeters van ’n afgrond af kon red.

“’n Klein tegniese komplikasie…” is al wat Snotkop daaroor wil sê!

Juanita du Plessis het oorweldigende reaksie op nuwe video ‘glad nie verwag’

$
0
0

Juanita du Plessis se jongste musiekvideo, Toe Staan die Wêreld Stil, het sover bekend ’n nuwe rekord vir ’n Afrikaanse musiekvideo opgestel toe dit binne 24 uur meer as 184 000 keer gekyk en byna 14 000 keer gedeel is nadat sy dit eksklusief op haar Facebook-blad gedeel het.

“Ek het dit glad nie verwag nie,” het Juanita Vrydag aan Huisgenoot gesê. “Die album is al ’n jaar op die rakke. Ek wou graag ’n video van die titelsnit maak en het besluit om dit te doen.”

Juanita sê die albumverkope trek al byna by dubbelplatinumstatus. Juanita sê sy sal “baie bly” wees as die album dubbelplatinumstatus bereik. Die video is egter nie gemaak om dié kerf te haal nie.

“Die aand (toe die video by die Sammy Marks-museum in Pretoria) geskiet word, was bitter koud”. Die regisseur was Christian Wolf en dit was die eerste keer dat Juanita Records saam met hom gewerk het. Juanita sê die koue ten spyt was sy baie ontspanne met die verfilming en sy het die ervaring as rustig en lekker beskryf.

Juanita het Donderdag die video gedeel met die boodskap: “So, vriende, hier is hy! Eksklusief, vir die heel eerste keer op hierdie heerlike Donderdag! Geniet hom en deel dit asseblief met al jul vriende! X”

Net meer as ’n uur nadat die video gedeel is, het Juanita die volgende inskrywing gemaak: “Sjoe!!! Net toe ek dink ek sit nou lekker agteroor met ’n koppie tee, sien ek ons is alreeds by 7 000!! Julle laat ook nie op julle wag nie, nè!! He-he. Dankie almal . . .Julle het nou sommer my dag gemaak!!!!

Op die oomblik neem Juanita en haar man, Doepie, ’n blaaskans. “Ons gaan net ’n bietjie rus.”

Juanita Records werk ook aan Juanita se seun, Ruan, se album. Daarna is dit tyd vir Juanita se volgende gospelalbum.

Juanita se dogter, Franja, het verlede jaar haar debuutenkelsnit, Stad van Verlange, en debuutalbum, My Verhaal, uitgereik. “Ek is verskriklik trots op haar. Sy wil graag haar eie merk maak.”

Die res van die jaar gaan nie rustiger wees vir Juanita nie. “Daar is nog baie optredes wat voorlê,” sê sy.

Kyk hier na Juanita se nuwe video:

Kyk: Is dié driejarige dalk Karlien van Jaarsveld se grootste aanhanger?

$
0
0

Sy is skaars drie jaar oud, maar Menandi Heyneke van Thabazimbi het duidelik klaar haar liefde vir Karlien van Jaarsveld se musiek ontdek.

Menandi se ma, Gwennie, het hierdie oulike video aan Huisgenoot gestuur waarin haar dogter luidkeels saamsing op Karlien van Jaarsveld se treffer, Geskeurde Jeans.

“Julle MOET die video kyk! Dis oulik verby!” het Gwennie opgewonde laat hoor.

Gwennie vertel verder dat sy die video ook op haar Facebookblad gedeel het, waar dit ’n wonderlike reaksie ontlok het. Maar wat hoop sy om eindelik te bereik?

“Kan ons nie hierdie passievolle driejarige help om haar droom waar te maak nie? Haar droom om Karlien van Jaarsveld te ontmoet.”

Wat sê jy, Karlien? Wil jy graag jou grootste fan ontmoet?

Groot nuus vir deelnemers aan SA se eerste seisoen van The Voice

$
0
0

Ná ’n ongelooflik suksesvolle eerste Suid-Afrikaanse seisoen van The Voice het die platemaatskappy Universal Music pas bekendgemaak dat hulle kontrakte met 10 van die deelnemers gesluit het.

Toe die seisoen aanvanklik klaar was, het drie deelnemers, onder andere die wenner, Richard Stirton, kontrakte losgeslaan.

Maar die bestuurders by Universal was so beïndruk deur vanjaar se talentvolle deelnemers dat hulle nou nog sewe kontrakte uitgedeel het.

Buiten Richard, Thembeka Mnguni en Zoë Modiga, het Gavin Edwards, Vernon Barnard, Jono Johansen, Johan Anker, Almur Marais, Jeremy Olivier en Austin Lurring ook eersdaags albums op die winkelrakke.

“Ons is opgewonde oor die ongelooflike talent wat na vore gekom het in die eerste seisoen van The Voice SA – die program en talent het ons stoutste verwagtings oortref,” het Kevin Grenfell, hoof van reklame en repertoire by Universal Music gesê.

“Ons glo die 10 deelnemers wat saam met ons gaan werk, verteenwoordig ’n goeie verskeidenheid Suid-Afrikaanse musiek, elk met sy of haar unieke klank en persoonlikheid.”

Kevin sê hulle sien daarna uit om saam met al die sangers te werk.

’n Paar van die deelnemers stel ook al eersdaags hul debuutmusiekvideo’s bekend, onder andere Gavin Edwards met sy enkelsnit, Sparks. Thembeka en Jono se eerste enkelsnitte word ook voor die einde van hierdie maand verwag.

What tears me the most (Onl)

En as wenner van The Voice reik Richard aanstaande maand sy debuutalbum uit. Dié 22-jarige kan ook spog nadat hy pas deur ’n internasionale paneel aangewys is as die beste The Voice-wenner ter wêreld.

Die paneel het gekyk na die wenners van 23 lande en Richard eindelik gekies om die kroon as die beste ter wêreld te dra.

Welgedaan!

Eksklusief: Richard van der Westhuizen speel met yster en vuur in nuwe musiekvideo

$
0
0

Hy voel effens senuagtig, sê die akteur, sanger en liedjieskrywer Richard van der Westhuizen oor sy jongste album wat op die winkelrakke uitgepak is.

richard van der westhuizen

Soos met al sy voriges, is dié een, Yster & Vuur, ook met groot sorg aanmekaargesit, vertel die sanger. Sy vorige album, Swerwerspoor, is vyf jaar gelede uitgereik.

Mense vra hom altyd hoekom dit so lank geduur het om ’n volgende album uit te reik, vertel Richard. “Want ek werk stadig; dis hoekom!”

Ekstra spesiaal vir hom is dat sy seun, Conley, die tromme op Yster & Vuur gespeel het.

Lees ook: Snotkop vind sy cool kant in splinternuwe musiekvideo

Richard het in 1991 sy albuumdebuut met Tussen Treine gemaak. Die titelsnit, Ballade vir ’n Enkeling en vele ander is vandag nog treffers. Maar wat doen ’n liedjieskrywer wanneer hy moet skryf en die woorde wil nie kom nie?

“Jy raak baie verbouereerd en jy wil vlug!” skerts Richard.

Nee, hy is bevoorreg dat dit darem nie sommer met hom gebeur nie, sê hy dan op ’n ernstiger noot.

Sy vrou van die afgelope 25 jaar, Suzanne, verklap dat Richard baie buierig kan raak as hy skryf. “Dan gaan kuier ek maar by my vriendinne,” vertel sy en lag.

Onderlangs mompel Richard hy weet self nie hoe sy so lank met hom kon uithou nie.

Die titelsnit van Yster & Vuur word nou ook as ’n musiekvideo uitgereik. Dié liedjie gaan oor ’n terugskouing van ’n harderige lewe, verduidelik Richard. “Maar nie noodwendig myne nie!” skerm hy vinnig.

Daarin sing hy onder meer: Ek het brûe verbrand en met die duiwel gestoei / die houe gevat en vir die liefde gebloei.

Die musiekvideo word Saterdag 23 Julie op kykNET (DStv Kanaal 146) se Jukebox amptelik op TV bekendgestel, maar Huisgenoot-lesers kan so lank eksklusief daarna kyk:

Viewing all 141 articles
Browse latest View live

<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>