Quantcast
Channel: Musiek – Huisgenoot
Viewing all 141 articles
Browse latest View live

Kyk: Sexy ouens van DZL byna katswink geslaan in nuwe musiekvideo

$
0
0

Dis enige aanhanger se ergste nagmerrie: ’n Klomp swernote bal hul vuiste om Suid-Afrika se mooiste man se gesig pimpel en pers te slaan.

Die manne van DZL, Wiaan Fourie en Andries Hendrik Potgieter. Foto Facebook

Die manne van DZL. Foto Facebook

Die Afrikaanse musiekgroep DZL se Wiaan Fourie en Andries Hendrik Potgieter – wat vanjaar aangewys is as Cosmopolitan se sexyste man van die jaar – sal hul ysterperde op in die musiekvideo Vind Jou Pad om ’n paar ongeskikte buffels in ’n kroeg reg te sien.

“Daar was omtrent naelkou-oomblikke met die skiet van dié video,” sê Andries. Dit was die manne se eerste keer op ’n motorfiets.

“Daai Harley-Davidsons weeg ’n ton!

“Ons het die motorfietse by vriende van ons geleen en so ’n paar keer in hul sekuriteitskompleks in Pretoria rondgery voor ons die ooppad aangedurf het.

“Die grootste uitdaging was om weg te trek sonder dat die ysterperde onder jou uitgly.”

In die musiekvideo sit Wiaan en Andries by ’n kroeg en kuier saam met ’n aantreklike blonde kelnerin. ’n Ruk later bars ’n bende die kroeg binne met Johnny Pienaar, bekend vir sy rol as ’n skurk in sepies soos 7de Laan en Generations, as hul leier.

Hulle neem die kroeg op horings en molesteer die arme kelnerin.

Johhny speel die skurk. Foto: Verskaf

Johhny Pienaar vertolk die rol van die skurk. Foto: Verskaf

Die manne van DZL gaan dit mos nie duld nie, en Wiaan gee die bendeleier ’n harde hou met die kop voor hulle die pad kies op hul ysterperde.

“Hulle het vooraf die toneel geoefen sodat hulle presies weet wie moet watter kant toe mik.

“Toe dit by ‘aksie’ kom, het Wiaan ’n bietjie vergeet watter kant toe en Johnny sommer letterlik met sy kop bygekom.

“Johnny het so ’n bietjie gebloei en Wiaan het ’n blou kol weg.”

“Johnny het ná die tyd gesê in al sy jare in die filmbedryf moes hy al baie sulke kopstampe uitvoer, maar dis die eerste keer dat hy self seergekry het,” skerts Andries.

Soos ridders kom die manne op ysterperde aan. Foto: Verskaf

Soos ridders kom die manne op ysterperde aan. Foto: Verskaf

Was hulle al ooit in ’n regte kroeggeveg?

“Nog nooit, maar wie weet? Daar is altyd ’n eerste keer. Ons het darem nou geoefen; as dit ooit gebeur, sal ons weet hoe om spore te maak.”

Afgesien van dié twee manne se musiektalent en nou ook hul kroeggevegskuns, is hulle ook beroepsmodelle. Hulle albei gaan vanjaar by groot modegeleenthede in Namibië en Ghana wees.

En die manne kook ook!

Wiaan en Andries is ook te sien op die nuwe TV-program Lek Jou Lippe Af op VIA.

Maar bewonderaars, julle het ongelukkig net ’n kans met een van hierdie smeulende manne, want net Wiaan is nog enkellopend. Andries en sy vrou, Sya, is al sowat twee jaar getroud.

As jou hart nog nie heeltemal gesmelt het nie, beywer die manne hulle ook vir die bewaring van renosters. Hulle is die ambassadeurs vir die Limpopo Rhino Security Group.

“Daar is pas ’n nuwe renostertjie gebore en hy is na ons genoem – klein DZL’tjie,” sê Andries trots.

Kyk hier na DZL se nuwe musiekvideo vir Vind Jou Pad:

– Jacques Myburgh

Ook op Huisgenoot.com

Skokaankondiging oor Paula van 7de Laan
Kyk net wat het hierdie hond aangevang toe hy alleen tuis gelos word!
Hierdie plusgrootte-model het die volmaakte antwoord vir mense wat ander se lyf afkraak
Kyk: Kan jy die versteekte prentjie binne dié rooi kol sien?
Hoeveel weet jy van Jan van Riebeeck?
Kyk: Hidroliese pers vernietig enigiets – van Lego tot selfone en gholfballe
Ouma oorleef wonderbaarlik ná sy deur veiligheidshek se spitspen deurboor word
Tiener gooi balletjie ‘na homself’ in asemrowende optiese illusie


Kyk: Jacques Terre’Blanche raak nostalgies en sing Lucas Maree se Droomvrou vir sy oorlede pa

$
0
0

Jacques Terre’Blanche het talle laat swymel toe hy in 2003 ’n finalis in die tweede Idols-seisoen van M-Net was.

Wat min mense van hom weet, is dat dié aantreklike sanger reeds as ’n tweejarige kannetjie sy liefde vir musiek ontdek het. In gr. 9 het hy formele opleiding in sang ontvang.

Dit was nie net met sy stem wat hy groot hoogtes bereik het nie; hy was boonop ’n Springbok-gimnas.

Kyk: Dis ‘Vive la France’ én ’n nuwe musiekvideo vir Francois van Coke!

Vanjaar kom hy met nog ’n verrassing na vore met sy toetrede tot die Afrikaanse musiekmark. En dis beslis ’n welkome toetrede met een van sy oorlede pa se gunstelingliedjies.


Die liedjie, oorspronklik deur een van die grotes op die Afrikaanse musiekmark, Lucas Maree, is natuurlik Droomvrou.

“Dit is die heel eerste liedjie waaraan my pa my kleintyd bekendgestel het. Hy was ’n hopelose romantikus en ek het altyd geweet hy deel die sentiment van die dieper betekenis van die lirieke,” sê Jacques.

Lees ook: ‘Ek gaan beslis haaihokduik!’: Josh Groban verklap alles op sy SA-doenlysie

Tydens sy Idols-ervaring het Jacques hierdie waardevolle raad gedeel: “As jy iets wil navolg, maak oefening dit perfek. As jy weet jy het ’n talent, vervolmaak dit en doen dit uit jou hart uit.”

Gedagtig aan dié woorde van Jacques gaan Droomvrou net die begin van nog groter dinge vir hom wees.

Bronne: jacquesfan.tripod.com, twitter.com

Ander stories op Huisgenoot.com

Kleuter in die pad veroorsaak ontstellende vragmotorongeluk
Klop só lag-lag jou hoofpyn
Gucci-advertensie verbied oor ‘ongesond maer’ model
‘Vet Vincent’ die worshond skud die kilo’s af – en jou troeteldier kan ook
102-jarige vrou stralend oor graad wat sy ontvang 60 jaar nadat sy daarmee begin het
Aantal tiere wêreldwyd styg eerste keer in ʼn eeu
Hulp vir deurmekaar kiesers ná adres-SMS oor munispale verkiesing

Iron Maiden flink op pad na SA

$
0
0


GEBORG


In Mei land Iron Maiden, die suksesvolste heavy metal-groep ter wêreld, in Suid-Afrika vir hul The Book of Souls-wêreldtoer.

Hul eerste plaaslike vertoning vind op 18 Mei plaas by die GrandWest Casino in Kaapstad en die tweede op 21 Mei by Carnival City-casino in Johannesburg.

Iron Maiden vlieg weer die wêreld vol op hul privaat vliegtuig, Ed Force One, en die groep se hoofsanger, Bruce Dickinson, is die vlieënier.

edforceone_infographic

Lees ook: Dis ‘Vive la France’ én ’n nuwe musiekvideo vir Francois van Coke!

“Ons sien uit daarna om die Jumbo terug te neem na ’n hele paar van ons gunstelingbestemmings. Ek is veral bly ons gaan Suid-Afrika toe, want al was die groep voorheen al daar, is dit my en Adrian Smith se eerste besoek as lede van Iron Maiden. Ons is opgewonde daaroor om al ons aanhangers te sien,” het Bruce voor die begin van die toer gesê.

Hy het ook verklap heelwat van hul ouer treffers gaan op die speellys wees, asook musiek van die nuwe album. Aanhangers hoop om onder meer Hallowed Be Thy Name, The Trooper, Fear of the Dark of dalk The Number of the Beast eerstehands te hoor. “Ons werk hard om ons aanhangers iets skouspelagtigs te bied, iets met siel!”

Hier is ’n paar kitsfeite oor die The Book of Souls-toer:

ATLANTA 23-6-12 MAIDEN ENGLAND 2012-37999
  • Die groep, produksiespan en meer as 12 t toerusting reis met die nuwe Ed Force One na ses van die sewe vastelande.
  • Vir die toer gaan Iron Maiden meer as 88 500 km aflê en in 35 lande optree. Hulle speel vir die eerste keer voor gehore in China en El Salvador.
  • Ed Force One sal weer buiteom met die Iron Maiden-logo en kunselemente van die nuwe album getooi word.

Daar is nog kaartjies beskikbaar vir Iron Maiden se twee optredes in Suid-Afrika. The Raven Age behartig die voorprogram vir al die vertonings op die toer.

Afrikaans web

Bespreek jou plek vir Kaapstad of Johannesburg by Computicket.

Sterlopers se Willem Botha reg vir 30 en mal oor sy vriende se verspotte verjaardaggeskenk aan hom

$
0
0

Deesdae sien ’n mens Willem Botha om elke hoek en draai. Nie net is hy ’n suksesvolle sanger, liedjieskrywer en fotograaf nie; hy wys ook op die kassie gesig.

A photo posted by Willem Botha (@willembotha) on

Willem speel tans in sy eerste vollengtetelevisiereeks: In die tweede seisoen van Deon Opperman se Sterlopers op kykNET vertolk hy die rol van die naïewe JayDee.

In sy vrye tyd neem hy graag bekendes af en sy foto’s pryk gereeld in tydskrifte se glansblaaie.

Sy prestasies is selfs merkwaardiger as ’n mens in ag neem dié blouoog-plaasseun van Riversdal se wêreld is nog nie eens 30 jaar oud nie. Hy het ’n paar dae gelede sy 29ste verjaardag gevier, en ons het gaan hoor wat hy alles beplan vir die laaste jaar in sy 20’s.

1. Eerstens, baie geluk met jou 29ste verjaardag! Wat het jy alles op die groot dag aangevang?

Baie dankie! Vanjaar was my verjaardag nogal besig. Ek’t die aand voor dit ’n vertoning in die Strand gehad en my ouers het saamgekom. Die volgende oggend het ons in die Kaap gaan ontbyt eet, en toe moes ek terugvlieg Pretoria toe. Dit was die eerste keer in vyf jaar dat ek my verjaardag saam met my ouers kon deurbring, so dit was baie spesiaal.

2. Watter aangename verrassings het jy gekry?

Wanneer vriende my vra wat ek wil hê, noem ek altyd iets wat ek nodig het of in my huis kan gebruik. Of sommer net lekker rooiwyn. Vanjaar het ek grappenderwys gesê ek wil gras plant by my huis. ’n Paar van my vriende het wraggies R3 000 bymekaargekry en vir my gras gekoop! Ek sal elke dag aan hulle kan dink. Haha!

A photo posted by Willem Botha (@willembotha) on

3. Voel jy opgewonde of is dit senutergend om te dink jy betree nou die laaste jaar van jou 20’s? Hoe voel dit?

Buiten dat ek amper 30 is, is dit nog maller om te dink dat ek vanjaar reeds my 10de jaar in die bedryf vier! So eintlik voel ek al baie ouer. Maar soos die cliché lui: Vir my is ouderdom net ’n syfer; ek leef elke dag asof dit my laaste is.

A photo posted by Willem Botha (@willembotha) on

4. Watter lekker dinge lê vanjaar vir jou voor?

Ek is baie opgewonde oor die uitreiking van my nuwe album; musiek bly my grootste passie. Later vanjaar verskyn ek ook in ’n nuwe film, en van Julie tot Augustus vertolk ek die hoofrol in Altyd in My Drome, ’n musiekblyspel wat by Montecasino aangebied word.

A photo posted by Willem Botha (@willembotha) on

5. Geniet jy dit om jouself week ná week op die kassie in Sterlopers te sien?

Dis nogal erg! Veral omdat ek weet wat my karakter alles aanvang. Tog is dit iets waarop ek bitter trots is; ek het baie hard gewerk aan die reeks. Dis ook snaaks om my vriende en familie dop te hou terwyl hulle die reeks kyk en te sien hoe hulle hulle in die storie inleef.

6. Jy is deesdae omtrent doenig! Kry jy nog tyd om plaas toe te gaan?

Ek het ’n verskriklike hegte band met my familie en die plaas, so ek doen ekstra moeite om gereeld te gaan kuier. Wanneer ek iewers in die Wes-Kaap optree, reken ek altyd ’n ekstra dag by om plaas toe te gaan.

7. Jou pa, Theuns, tot onlangs die Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, was onlangs siek. Hoe gaan dit deesdae met sy gesondheid?

My pa se moeilike stryd teen kanker is ’n tyd wat ek nooit sal vergeet nie. En noudat hy gesond is, aanvaar ek niks as vanselfsprekend nie. Dit gaan baie goed met hom en hy is baie besig, maar ek dink dis nou tyd dat hy net terugsit en die lewe saam sy gesin geniet.

Familie op die plaas! Waar in die wêreld kan dit nou beter wees? #family #farm #blonde #boys #nature

A photo posted by Willem Botha (@willembotha) on

Ander stories op Huisgenoot.com

Ma pleit om hulp vir siek dogter: ‘Dokters het nie meer antwoorde nie’
Is jy een van die hand vol kreatiewe mense wat dié optiese illusie kan uitpluis?
‘Ons was sulke goeie vriende,’ vertel eienaar van wêreld se oudste hond na dié haar laaste asem uitblaas
Kyk: Skattige prins George het ereplek op koningin Elizabeth se amptelike foto’s vir haar 90ste verjaardag
Hoe goed kan jy Engels praat?
‘Ek leef ’n heel ander lewe van binne’: Man vertel in roerende video van depressie
Kan jy glo? Dié nege vreemde goed gebeur in die ruimte met ruimtevaarders

Kyk: Talle Afrikaanse kunstenaars pryk op Sama-nominasielys

$
0
0

Dit is weer die tyd van die jaar dat die room van ons land se musiektalent dit om die Suid-Afrikaanse Musiekpryse (Samas) uitspook. Vanjaar ding veterane en nuwelinge by die 22ste jaarlikse Sama-geleentheid mee om die gesogte prys in meer as 20 kategorieë. As jy dit misgeloop het, hier is vanjaar se benoemdes:

Album van die jaar
Francois van Coke – Francois van Coke
Emtee – Avery
Nathi – Buyelekhaya
Tresor – VII
Black Coffee – Pieces of Me

Duo of groep van die jaar
Desmond & the Tutus – Enjoy Yourself
Witness the Funk – Finding Nomusa
Marcus Wyatt & the ZAR Jazz Orchestra – One Night in the Sun
Junior Taurus & Lady Zamar – Cotton Candy
Big Nuz – For the Fans

Vroulike kunstenaar van die jaar
Judith Sephuma – One Word
Zahara – Country Girl
Fifi Cooper – 20Fifi
Karen Zoid – Drown out the Noise
Zonke – Work of Heart

Manlike kunstenaar van die jaar
Nathi – Buyelekhaya
Black Coffee – Pieces of Me
Riky Rick – Family Values
Emtee – Avery
Francois van Coke – Francois van Coke

Nuweling van die jaar

Riky Rick – Family Values
Emtee – Avery
Tresor – VII
Fifi Cooper – 20Fifi
Nathi – Buyelekhaya

Beste rockalbum
Desmond & the Tutus – Enjoy Yourself
Francois van Coke – Francois van Coke
Shortstraw – Youthless
Karen Zoid – Drown out the Noise
Saarkie – Reisiger

Beste popalbum
Tresor – VII
Lakota Silva – Pop: The MixTape
Loki Rothman – The Way Back
Can Skylark – Overdrive
Vincent Bones – Shaded Soul

Beste Afrikaanse popalbum

Karlien van Jaarsveld – My Hartjie
Brendan Peyper – Stop, Wag, Bly Nog ’n Bietjie
Vaughan Gardiner – Sit Vanaand op Herhaal
Pierre Rossouw – In my Bloed
Suzanne – Vuurbestand

Beste volwasse kontemporêre album
Judith Sephuma – One Word
Watershed – Watch the Rain
Karen Zoid & Various – Republiek van Zoid Afrika Vol. 2
Kahn – Salt
Josie Field & Laurie Levine – Tigerlily

Beste kontemporêre album

Elvis Blue – Êrens in die Middel van Nêrens
Andriëtte – Pêrel vir ’n Kroon
Neil Somers – Hierdie Hande
Bok van Blerk – Sing Afrikaner Sing
Stiaan Reynierse – Sonde

Beste volwasse Afrika-album

Dizu Plaatjies & Friends – Ubuntu – The Common String
Kabomo – Sekusile
Thiwe – Soul Therapy
L’wei Netshivhale – Mudzimu washu
Jessica Mbangeni – Busisiwe – Tribute to the African Heroines

Beste alternatiewe album
Petite Noir – La Vie Est Belle/Life is Beautiful
Sannie Fox – Serpente Masjien
The Plastics – In Threes
Moonchild Sanelly – Rabulapha!
Die Heuwels Fantasties – Ja. Nee. Lekker. (Deluxe)

Beste R&B-/soul-/reggae-album
Nathi – Buyelekhaya
Zonke – Work of Heart
Olwethu – Imbewu
Zahara – Country Girl
The Muffinz – Do What You Love

Beste rap-album
Emtee – Avery
Kid X – 3 Quarter Pace
Da L.E.S – North God
Riky Rick – Family Values
Zakwe – Impande

Beste kwaito-album
Big Nuz – For the Fans
Dbn Nyts – Believe
Kabelo Mabalane – Immortal Vol. 3
DJ Bongz – Game Changer
Mzansi – North Coast Vibe

Beste dansalbum
Black Coffee – Pieces of Me
Mi Casa – Home Sweet Home
Mobi Dixon – Tribal Soul Special Edition
DJ Merlon – Original Copy
Junior Taurus & Lady Zamar – Cotton Candy

Beste tradisionele geloofsmusiekalbum
TYGC Family – The Journey Begins
Worship House – Project 12 Praise Live
Worship House – True Worship 2015
Dumi Mkokstad – Ukhona Uthixo

Women in Praise – Various Artists
Beste kontemporêre geloofsmusiekalbum
Ntokozo Mbambo – Spirit and Life
Mark Counihan – To the Brave Ones
Mahalia Buchanan – Redeemed to Worship
24 Skies – Endless Anthem
Benjamin Dube – Sanctified in His Presence

Beste maskandi-album
Imithente – Ichakijana
Thokozani Langa – Khuzeka Mshana
Shwi noMtekhala – Bazali Bami
Buselaphi – Gabi Gabi
Phuzekhemisi – Woze Durban

Beste jazz-album
Marcus Wyatt & the ZAR Jazz Orchestra – One Night in the Sun
Nduduzo Makhathini – Listening to the Ground
Benjamin Jephta Quintet – Homecoming
Amandla Freedom Ensemble – Bhekisizwe
Bokani Dyer – World Music

Beste klassieke en/of instrumentele album

Wouter Kellerman – Love Language
Guy Buttery – Guy Buttery
Deep South – Heartland
Cape Consort – Christoph & Sebastian
KwaZulu-Natal Philharmonic – Mintirho ya SJ Khosa
Orchestra

Beste oudiovisuele opname
Jimmy Dludlu – Live at Emperors Palace
Krone – Krone 2
Ntokozo Mbambo – Spirit and Life
Neyi & Omega – Friends in Praise
Benjamin Dube – Sanctified in His Presence

Beste samewerking
Dbn Nyts met Zinhle Ngidi & Trademark – Shumaya
Shekinah en Kyle Deutsch – Back to the Beach
AKA met Redsan, Burna Boy en Stonebwoy – All Eyes on Me
Major League DJz met Cassper Nyovest, Okmalumkoolkat, Ricky Rick & Carpo – Slyza Tsotsi
Khuli Chana en Patoranking – No Lie

Beste musiekvideo van die jaar
Jack Parow & Freshly Ground – Army of One
Riky Rick, Cassper Nyovest en Anatii – Fuseg
Al Bairre en Phfat – Caviar Dreams
iFani – Ayadelela
Monark – Negatives (Deluxe)

Bes vervaardigde album van die jaar

Zahara – Country Girl
Mi Casa – Home Sweet Home
Sannie Fox – Serpente Masjien
Mark Counihan – To the Brave Ones
Zonke – Work of Heart

Bes ontwerpte album van die jaar
Black Coffee – Pieces of Me
Brendan Peyper – Stop, Wag, Bly Nog ’n Bietjie
Zonke – Work of Heart
Mi Casa – Home Sweet Home
Marcus Wyatt & the ZAR Jazz Orchestra – One Night in the Sun

Beste hervermenging van die jaar
DJ Sliqe – Do Like I Do Remix
AKA – Baddest Remix
Mobi Dixon – My Sugar
Mobi Dixon – Never Let Me Go Remix
The Fraternity – Bheka Mina Ngedwa Amplified

Die kategoriewenners sal by die prysaand bekendgemaak word.

SPESIALE PRYSE
Internasionale en leeftydprestasiepryse

TOPVERKOPER: MOBIELE MUSIEK AFGELAAI
• Topverkoper-album
• Topverkoper-DVD
• Topverkoper mobiele musiek afgelaai
• Topverkoper ware toon
. Topverkoper-terugbeltoon
• Topverkoper-volle-snit-aflaai

SAMPRA-PRYS
• Vanjaar die meeste oor die radio gespeel

Die kortlys van benoemdes vir die Amstel-snit van die jaar sal op Vrydag 22 April op Live Amp op SABC1 bekendgemaak word en die publiek genooi word om vir hul gunsteling-liedjie van 2015 te stem. Die 22ste Sama-prysaad sal op Saterdag 4 Junie 2016 by die Durbanse Internasionale Konferensiesentrum plaasvind en regstreeks op SABC1 uitgesaai word. Kaartjieverkope open om 12:00 op Vrydag 22 April vir die publiek. Die kaartjies kos R350 en is by Computicket te koop.

Die Opnamebedryf van Suid-Afrika reël die jaarlikse geleentheid. Die stad Durban is die gasheervennoot van die jaarlikse Sama’s; die SABC die amptelike uitsaaivennoot; Apple Music en iTunes die digitale musiekvennoot en Prasa die vervoervennoot.

– Shanaaz Prince

Ander stories op Huisgenoot.com

Is jy een van die hand vol kreatiewe mense wat dié optiese illusie kan uitpluis?
‘Ons was sulke goeie vriende,’ vertel eienaar van wêreld se oudste hond na dié haar laaste asem uitblaas
Kyk: Skattige prins George het ereplek op koningin Elizabeth se amptelike foto’s vir haar 90ste verjaardag
Hoe goed kan jy Engels praat?
‘Ek leef ’n heel ander lewe van binne’: Man vertel in roerende video van depressie
Kan jy glo? Dié nege vreemde goed gebeur in die ruimte met ruimtevaarders

Eksklusief: Eerste voorsmakie van gewilde Jay en Lianie se prettige nuwe musiekvideo

$
0
0

Kyk hier na die heel eerste voorsmakie van die gewilde duetpaartjie Lianie May en Jay du Plessis se prettige nuwe musiekvideo, Vir Liefde!

“Dit gaan oor ’n paartjie wie se liefde stagneer,” vertel Lianie. “Hul lewe het so gejaagd en besig geword dat hulle vergeet het waarom hulle lief is vir mekaar.”

Om hul verhouding te red, trek hulle terug na hul eerste huis en terwyl hulle bokse uitpak, herleef hulle herinneringe van hoe gelukkig hulle was.

“Hulle bevind hulle weer in die 1980’s en besef weer wat hulle vir liefde gedoen het: hoe hulle in die maanlig gestap het, by ’n treinspoor verloof geraak het, gedans, ge-date en gedisko het.”

Die video is van twaalfuur die middag tot sesuur die volgende oggend verfilm. “Ek het 07:00 die eerste keer in die bed geklim, maar ons het soveel pret gehad,” vertel Lianie.

Lees ook: Jacques Terre’Blanche raak nostalgies en sing Lucas Maree se Droomvrou vir sy oorlede pa

“Ek het so lekker vir Jay gelag. Hy het in ’n stadium so snaaks gelyk met ’n kleurryke pruik, en ons het almal lekker gedans tussen ballonne en streamers.”

In een toneel sak Jay op sy knie neer en maak of hy Lianie met ’n ballon vra om met hom te trou. “Ek het ’n groot fobie vir ’n ballon wat bars,” sê Lianie. “Jay is ’n groot terggees en het die ballon hard genoeg gedruk om seker te maak dit bars. Ek het so groot geskrik; ons moes die toneel van voor af verfilm.”

In nog ’n toneel hou hulle hande vas en val hulle terug op ’n rusbank. Jay het weer van die geleentheid gebruik gemaak om Lianie se siel uit te trek en reg bo-op ’n ballon geval. “Ek het my weer boeglam geskrik toe dit bars.”

Jay & Lianie May - Vir Liefde Musiekvideo

Hul musiekvideo is egter nie al waarna aanhangers kan uitsien nie. Vir Liefde, wat geskryf is deur Johan Vorster, is ook die titelsnit van hul nuwe album, wat nou beskikbaar is. In Mei word ’n video opgeneem vir hul enkelsnit Da Vat Hy.

Lees ook: Sexy ouens van DZL byna katswink geslaan in nuwe musiekvideo

Hoewel albei suksesvolle solo-loopbane het, het hul eerste duet-album, Bonnie en Clyde, se dubbelplatinum status gewys hul stemme werk saam. Vir Liefde is die sesde musiekvideo waar hulle kragte saamsnoer. Albei was ook te sien in die rolprent Platteland.

In September begin hulle ook verfilm aan ’n Sean Else-fliek waarin hulle ’n sangpaartjie speel wat saam die goeie en slegte van die musiekbedryf beleef.

Lees ook op Huisgenoot.com:

‘Hy’s nou by ons seun’ – Prince se eksvrou lewer roerende huldeblyk aan die man wat sy ‘altyd sal liefhê’
Ontmoet al die koninklike kleinkinders op die foto wat vir die koningin 90ste verjaardag geneem is
Talle Afrikaanse kunstenaars pryk op Sama-nominasielys
Vreugde, moed en eindelik trane – alles binne ’n lewe van net ’n paar uur
En daar vertrek die sonaangedrewe Solar Impulse 2 vir ’n reis om die wêreld!

Karlien van Jaarsveld, Elvis Blue, Karen Zoid en Francois van Coke van vanjaar se groot Ghoema-wenners

$
0
0

Die jaarlikse Ghoema-prysaand is ’n goed-gevestigde spogaand op die kalender van Afrikaanse musiek. By vanjaar se prysaand het die room van Afrikaanse musiek byeengekom met ’n handvol wat met die gesogte Ghoema-prys weggestap het.


Die wenners word grootliks bepaal deur die publiek se stemme. Die aand van prag en praal is oop vir die publiek en bied ’n welkome geleentheid vir Jan Alleman om met bekendes op die rooitapyt skouers te skuur.

Hiermee al die groot wenners van die aand:

Nuweling van die jaar: Leah
Musiekvideo van die jaar: Elvis Blue – “Die Hemel”
Geestelike album van die jaar: Retief Burger – Nou en Vir Altyd
Kinderalbum of -DVD van die jaar: Carike Keuzenkamp – Carike, Ghoempie en Ghoegoe se Vakansie Volume 11
Gewildste liedjie van die jaar: Francois van Coke en Karen Zoid – Toe Vind Ek Jou
Humor-album van die jaar: Andries Vermeulen – Kô Lag ’n Bietjie
Beste liedjieskrywer van die jaar: Elvis Blue
Rock-album van die jaar: Francois van Coke – Francois van Coke
Alternatiewe album van die jaar: Spoegwolf – Somer
Vervaardiger van die jaar: Robin Kielly
Live DVD van die jaar: Laurika Rauch & Elvis Blue – Hart en See
Beste pop-album deur ’n vroulike kunstenaar: Karlien van Jaarsveld – My Hartjie
Beste pop-album deur ’n manlike kunstenaar: Joe Foster – Hartklank
Groep van die jaar: Anders
Betse album deur ’n groep of duo:Anders – #ekonthou
Beste instrumentele album van die jaar: Rocco de Villiers – Beautiful Beautiful Hymns
Beste kontemporêre album deur ’n vroulike kunstenaar: Andriëtte – Pêrel vir ’n Kroon
Beste kontemporêre album deur ’n manlike kunstenaar: Elvis Blue – Êrens in die Middel van Nêrens
Beste digitale album van die jaar: Francois van Coke – Francois van Coke
Beste digitale liedjie van die jaar: Francois van Coke & Karen Zoid – Toe Vind Ek Jou
Beste luitoon van die jaar: Elvis Blue – Die Hemel
Beste verkoper van die jaar: Juanita du Plessis
Beste liedjie van die jaar: Francois van Coke en Karen Zoid – Toe Vind Ek Jou
Groep van die jaar: Anders
Vroulike kunstenaar van die jaar: Andriëtte
Manlike kunstenaar van die jaar: Elvis Blue

Elvis Blue, Andriëtte, Karen Zoid en Francois van Coke was sonder twyfel die groot wenners van die aand.

Baie geluk!

Eksklusief: Elvis Blue gesels met Huisgenoot oor sy Ghoema-glorie

$
0
0

Hy moes homself telkens knyp, sywaarts na sy vrou loer en die sprankel in haar oë sien om te besef: Ja, ek het weer gewen.

Elvis Blue is steeds oorbluf oor die reuse-Ghoema-oes wat hy Maandag op die jaarlikse prysaand gekry het. Met ses pryse en sewe benoemings was Elvis loshande die groot wenner van die aand.

“En op pad soontoe het ek nog vir my vrou, Charize, gesê ek hoop ek wen minstens een,” vertel hy die volgende oggend laggend aan Huisgenoot.

“Ek het gedink dit sou darem baie sleg wees om vir sewe benoem te word en niks te wen nie!”

Lees ook: Andriëtte, Elvis Blue, Karen Zoid en Francois van Coke van vanjaar se groot Ghoema-wenners

En kyk nou net. Elvis het die aand se toppryse gewen, insluitend beste manlike kunstenaar van die jaar, beste liedjieskrywer en beste kontemporêre album deur ’n manlike kunstenaar, vir Êrens in die Middel van Nêrens.

Die Ghoemas is die enigste onafhanklike musiekpryse vir Afrikaanse musiek waar die beste in die bedryf jaarliks vereer word in meer as 20 kategorieë nadat die publiek vir hul gunstelinge gestem het.

A photo posted by RYAN KRUGER (@ryankrugerthing) on

Van die aand se ander groot wenners sluit in Andriëtte met haar twee beeldjies vir onderskeidelik beste kontemporêre album deur ’n vroulike kunstenaar en beste vroulike kunstenaar, sowel as die duo Karen Zoid en Francois van Coke wat vier pryse gewen het.

Dit was hoeka Karen en Francois wat Elvis uitgestof het in die een kategorie waarin hy benoem is, maar nie gewen het nie. Hul supergewilde duet Toe Vind Ek Jou het Elvis se Die Hemel uitgestof.

Tog, vertel Elvis, het hy en sy vrou alte lekker gegiggel ná die geleentheid oor al die pryse wat hy ontvang het. “Die rit terug huis toe was beslis anders as soontoe!”

Maar watter een van sy pryse was vir hom die grootste verrassing?

“Beslis die prys vir beste ‘live’ DVD vir my en Laurika Rauch se Hart en See,” sê hy sonder aarseling. Hy meen die mededinging in daardie kategorie was veral sterk.

A photo posted by Michelle Voges (@michellevoges) on

Hart en See is ’n opname van Elvis en Laurika se gelyknamige vertoning waarmee hulle al die afgelope twee jaar besig is. Huisgenoot was ’n hoofborg van die DVD.

“Ek en Laurika het die vertoning die eerste keer by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees gedoen en gelukkig was Huisgenoot op die dag daar,” onthou Elvis. “Hulle was van die begin af opgewonde om daarby betrokke te raak en ek en Laurika is baie dankbaar.

“Sonder hulle sou ons dit dalk nooit kon doen nie.”

Kyk: So het die sterre by die Ghoema-prysaand geglinster

En nou is Elvis die trotse eienaar van ses Ghoema-beeldjies. Wat beplan hy om daarmee te doen? “My dogtertjie, Lila, is nou ses jaar oud en enigiets wat naastenby soos ’n trofee lyk gee haar die grootste opgewondenheid. Ek neem al die beeldjies huis toe om vir haar te wys.”

’n Nuwe album volg ook later vanjaar. “En ek skryf eintlik al reeds aan die een daarna,” verklap hy.

Kom inspirasie dus maklik vir hom?

“Inspirasie vir nuwe musiek is altyd ’n groot geskenk. Ek tref altyd die vergelyking: Liedjies skryf is soos om ’n paar mooi skoene in ’n donker kamer te gaan soek: Jy strompel vir ’n ruk rond en is maar net te gelukkig om die pragtige skoene te vind.

“Die ouens wat die beste liedjies skryf, is die ouens wat die hardste soek.”

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kurator van Huisgenoot-uitstalling met Kanna vereer in ons 100ste bestaansjaar
Kyk: Groot opwinding in dié geliefde Pasella-aanbieder se huishouding
Hierdie wakkerweeswenke kan keer dat JY gekaap word
Kyk: Ouma Trys se histeriese kennismaking met Face Swap
Kyk: Bobby van Jaarsveld ontdek Face Swap en die resultaat is skreeusnaaks!
Raak lag-lag ontslae van jou plooie met dié gin!


Kyk: So het die sterre by die Ghoema-prysaand geglinster

$
0
0

Swier en glans het hoogty gevier toe ons plaaslike sterre Maandagaand by die Ghoema-prysaand by die Joburg-teater in Braamfontein vereer is.

Kunstenaars soos Elvis Blue, Steve Hofmeyr, Karlien van Jaarsveld, BlackByrd, HemelBesem, Brendan Peyper en Andriëtte het gaste met hul sang vermaak.

A photo posted by Chantelle (@chantelle.moll) on

Van die kategorie-aanbieders was Robbie Kruse van Bravo!, Johrné van Huyssteen van Die Groot Ontbyt, die akteur Jody Abrahams en Theodore Jantjies van 7de Laan.

A photo posted by Theodore (@theo_jantjies) on

Lees ook: Andriëtte, Elvis Blue, Karen Zoid en Francois van Coke van vanjaar se groot Ghoema-wenners

Elvis Blue was die groot wenner van die aand: Hy is met niks minder nie as ses pryse, insluitende manlike kunstenaar van die jaar, huis toe.

Die ander groot wenners was Andriëtte, wat onder meer die toekenning vir vroulike kunstenaar van die jaar ontvang het, en die rocker Francois van Coke, wat onder meer weggestap het met die prys vir Rock-album van die jaar.

A photo posted by Lauren Badenhorst (@laliewild) on

Klik deur die gallery en kyk net hoe spoggerig het van ons gunstelingsterre op die blou tapyt gelyk:

Die countrysanger Lance James en sy bestuurder, Mara van der Bergh. Foto: Eventpho Photography/Gerhard Minnaar

Die sanger Ghapi en sy vrou, Ingrid. Foto: Eventpho Photography/Gerhard Minnaar

Die sangeres MoniQue. Foto: Eventpho Photography/Gerhard Minnaar

Die Afrikaanse rapper Snotkop en sy metgesel, Charmaine van Niekerk. Foto: Eventpho Photography/Gerhard Minnaar

Die Getroud met Rugby-aktrise Nadia Beukes en haar verloofde David de Villiers. Foto: Eventpho Photography/Gerhard Minnaar

Die sangers Willem Botha en Leah het saam die bloutapyt betree. Leah het die Ghoema vir nuweling van die jaar ontvang. Foto: Eventpho Photography/Gerhard Minnaar

Getroud met Rugby akteurs: Van links is Arno Greeff, Christel van den Bergh, Anlia van Rensburg en Sean van Noordwyk. Foto: Eventpho Photography/Gerhard Minnaar

Die Getroud met Rugby aktrises en hulle metgeselle. Van links is Melissa Willering (Chrissie) en haar metgesel Estienne Schuring en Marijke van der Westhuizen (Maryke) saam met haar man, Pieter. Foto: Eventpho Photography/Gerhard Minnaar

Die sanger Joe Foster het die toekenning ontvang vir die beste pop-album deur ’n manlike kunstenaar. Foto: Eventpho Photography/Gerhard Minnaar

Die aand se groot wenner Elvis Blue en vroulief Chireze Hoogendyk. Foto: Eventpho Photography/Gerhard Minnaar

Die sangpaartjie Wynand en Cheree Strydom. Foto: Eventpho Photography/Gerhard Minnaar

Die meisies van die Rock ’n Roll-groep Saarkie. Foto: Eventpho Photography/Gerhard Minnaar

Die musikant en liedjieskrywer Jacques de Villiers, ook bekend as Joshua na die Reën. Eventpho Photography/Gerhard Minnaar

Die legendariese Carike Keuzenkamp en haar man, Olaus van Zyl. Carike het die toekenning vir kinderalbum of -DVD van die jaar ontvang. Foto: Eventpho Photography/Gerhard Minnaar

Die sangeres Karlien van Jaarsveld het die Ghoema ontvang vir die die beste pop-album deur ’n vroulike kunstenaar. Foto: Eventpho Photography/Gerhard Minnaar

Die akteur Marno van der Merwe en sy meisie die aktrise Loriska Bubb. Albei is te sien in die kykNET-jeugdramareeks Sterlopers. Foto: Eventpho Photography/Gerhard Minnaar

Die sangeres Andriëtte Norman en haar man, Glynn. Sy het twee toekennings ontvang, insluitend vroulike kunstenaar van die jaar. Foto: Eventpho Photography/Gerhard Minnaar

Nicholis Louw, sy vrou, Denise, en hulle pragtige prinses, Mianè. Foto: Eventpho Photography/Gerhard Minnaar

Juanita du Plessis het weggestap met die toekenning vir beste verkoper van die jaar. Foto: Eventpho Photography/Gerhard Minnaar

Die rocker Francois van Coke het die prys vir rockalbum van die jaar ontvang. Foto: Eventpho Photography/Gerhard Minnaar

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kurator van Huisgenoot-uitstalling met Kanna vereer in ons 100ste bestaansjaar
Kyk: Groot opwinding in dié geliefde Pasella-aanbieder se huishouding
Hierdie wakkerweeswenke kan keer dat JY gekaap word
Kyk: Ouma Trys se histeriese kennismaking met Face Swap
Kyk: Bobby van Jaarsveld ontdek Face Swap en die resultaat is skreeusnaaks!

Kyk: Pierre Greeff en Loki Rothman voer jou mee in roerende duet saam

$
0
0

Die talentvolle Kapenaar Loki Rothman het van kitaarspeel ’n kuns gemaak. Boonop is dié Sama-benoemde kunstenaar se YouTube-kanaal propvol van sy kreatiewe vertolkings van internasionale sterre se musiek, insluitend Sorry deur Justin Bieber en Uptown Funk deur Bruno Mars en Mark Ronson.

Pierre Greeff (links) en Loki Rothman het saam Amanda Strydom se My Kamer opgeneem. Foto: Verskaf

Pierre Greeff (links) en Loki Rothman het saam Amanda Strydom se My Kamer opgeneem. Foto: Verskaf

Loki deel sy gewilde kitaarinterpretasies onder die hutswoord #OneManBand en doen dié belofte gewis gestand; hy kan ’n rits ander instrumente ook bespeel.

Op The Way Back, sy debuutalbum wat verlede jaar verskyn het, sing hy trouens nie net nie; hy bespeel ook al die instrumente.

“Ek het myself geleer om te sing terwyl ek op ’n akoestiese kitaar gelyk die akkoorde, perkussie en baskitaar speel. Mense het gunstig gereageer op my weergawe van Uptown Funk, toe besluit ek om nog te maak.”

Hy sê ook: “Ek hou daarvan om die video’s interessant te maak. Die kykers moenie weet wat om te verwag nie.”

Omdat hy nog altyd van Pierre Greeff, hoofsanger van Die Heuwels Fantasties, se stem gehou het, het Loki hom gevra om saam ’n duet op te neem. Tot sy verbasing het dié gesoute sanger dadelik ingestem.

Die volgende groot uitdaging was om te besluit vir watter bekende snit hulle ’n nuwe baadjie gaan aantrek. “Ek wou nog altyd ’n Afrikaanse lied uitgereik het,” sê Loki.

Hy is Afrikaanssprekend, maar is nie gemaklik daarmee om in die taal te sing nie. “My album was ook Engels. Niemand het my al gehoor Afrikaans sing nie.”

Pierre het hom dadelik gerusgestel. “Hy sê toe hy wou lankal iets doen met My Kamer deur Amanda Strydom en Stef Bos.” Dinge het dadelik in plek geval en die verwerking van die musiek kon begin.

Lees ook: Jacques Terre’Blanche raak nostalgies en sing Lucas Maree se Droomvrou vir sy oorlede pa

“Toe Pierre die liedjie vir my stuur, het ek dadelik gelet op hoe dramaties dit was; ’n klomp instrumente was betrokke. Dis werk natuurlik perfek vir die lied,” sê Loki.

“Maar vir my is die woorde so mooi, ek wou dit na vore bring.” Om dit reg te kry, het hy Amanda se oorspronklike lied aangepas vir net twee stemme, een kitaar “en miskien ’n bietjie perkussie” hier en daar.

En hoe het dit gevoel om vir die eerste keer in Afrikaans te sing? “Vreemd!” sê Loki.

Maar, beloof hy, nog vele Afrikaanse liedjies is op pad.

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kurator van Huisgenoot-uitstalling met Kanna vereer in ons 100ste bestaansjaar
Kyk: Groot opwinding in dié geliefde Pasella-aanbieder se huishouding
Hierdie wakkerweeswenke kan keer dat JY gekaap word
Kyk: Ouma Trys se histeriese kennismaking met Face Swap
Kyk: Bobby van Jaarsveld ontdek Face Swap en die resultaat is skreeusnaaks!

Andriëtte in die wolke ná sege by Ghoemas – ondanks amperse modedrama

$
0
0

’n Uur en ’n half voor een van die grootste prysaande in die plaaslike musiekbedryf het die sangeres Andriëtte Norman nog gewonder of sy hoegenaamd moet opdaag.

Haar rok was myle te groot en sy kon nêrens op kort kennisgewing ’n plaasvervanger vind nie. “Ek het vir my man, Glynn, gesê ek is sommer lus en bly by die huis, want niks werk uit nie.”

Maar vandag is sy waarskynlik bly Glynn het haar omgepraat om wel Maandagaand se Ghoema-musiekprysaand by die Joburg-teater in Braamfontein in Johannesburg by te woon.

Lees ook: So het die sterre by die Ghoema-prysaand geglinster

Andriëtte het geskitter in ’n elegante swart rok wat sy “sommer by die naaste winkelsentrum gaan koop het” toe sy vir haar jongste album, Pêrel vir ’n Kroon, die prys wen vir beste kontemporêre album deur ’n vroulike kunstenaar.

Dankie almal.Beste kontemporêre album en vroulike kunstenaar van die jaar. Ek is baie dankbaar en kan dit nie glo nie xx

A photo posted by Andriëtte Norman (@andriette.norman.official) on

Boonop is sy aangewys as vroulike kunstenaar van die jaar – ’n eer wat sy glad nie verwag het nie.

“Ek het dit glad nie sien kom nie,” het sy aan Huisgenoot gesê kort nadat sy uit Johannesburg teruggekeer het na Kaapstad, waar sy en Glynn woon.

“Ek is nou geïnspireer om selfs meer musiek te maak,” vertel die blondekop. “Dis die eerste keer dat ek baie van die liedjies self geskryf het en dis lekker om te sien die resep werk.”

Lees ook: Elvis Blue gesels met Huisgenoot oor sy Ghoema-glorie

Die sangeres sê haar volgende doelwit is om te hou by die resep wat van Pêrel vir ’n Kroon ’n sukses gemaak het en weer so betrokke te wees by haar musiek. “Ek het ’n wonderlike span en is opgewonde om nog te skryf.”

Geluk, Andriëtte!

Ander stories op Huisgenoot.com:

Pierre Greeff en Loki Rothman voer jou mee in roerende duet saam
Kyk hoe gelukkig is Dozi se eks deesdae!
Kurator van Huisgenoot-uitstalling met Kanna vereer in ons 100ste bestaansjaar
Kyk: Groot opwinding in dié geliefde Pasella-aanbieder se huishouding
Hierdie wakkerweeswenke kan keer dat JY gekaap word

Is Brendan Peyper se dae as enkellopende geskiedenis?

$
0
0

Wie was die pragtige meisie wat by vanjaar se Ghoemas aan die sexy sanger Brendan Peyper se arm gepronk het?

Die blonde Ilona Pretorius het vroeër vandeesweek behoorlik asems weggeslaan in haar noupassende swart nommertjie.

“Ek en my pragtige metgesel, Ilona Pretorius, het die Ghoema-prysaand so baie geniet,” het Brendan op Instagram geskryf by ’n stralende foto van hulle twee.

“Al het ek niks gewen nie, is dit steeds ’n groot voorreg om saam met daardie briljante kunstenaars benoem te wees.”

Brendan wou nie by vanjaar se Absa Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn ’n woord rep oor of hy op die oomblik in ’n verhouding is nie.

Maar natuurlik het die skindertonge geklap toe hy met Ilona, nes hy ook ’n Bloemfonteiner, op die blou mat aan sy sy verskyn.

By verdere navrae het sy agent, Tania Fourie, net gesê sy kan nie in hierdie stadium oor hul vriendskap kommentaar lewer nie.

Brendan en Ilona is al te danig met mekaar. Foto: Facebook

Brendan en Ilona is al te danig met mekaar. Foto: Facebook

Tog is Brendan en Ilona baie danig met mekaar en dit wil lyk of hulle mekaar al jare ken. Ilona se Facebook-blad verklap sy en Brendan het al twee jaar gelede Paasnaweek saam deurgebring.

« »

En in Julie verlede jaar het hy by een van haar foto’s geskryf: “Die mooiste blom wat uit die Vrystaat kom x.” Haar antwoord? “Mooiste Brennie,” met twee soentjies daarby.

Ons sal tog so bly wees as die plat op die aarde boerseun met sy perfekte lyf geluk vind. Net jammer dit sal so ’n groot slag vir al sy aanhangers wees!

Ander stories op Huisgenoot.com

Die kietsie skrik g’n niks vir water en reis boonop om die wêreld!
Danksy berigte help weldoeners dodelike siek meisie by Rooi Kruis uitkom
Die porsiebeheerdieet – die dieet wat werk!
‘Hulle help my deur my donkerste tye’: Jong kwadrupleeg spandeer haar lewe om soos Barbie en Britney Spears te lyk
Kyk: AB de Villiers se vrou, Danielle, het ’n verborge talent en ons is gek daaroor!
Kyk net hoe oulik kap Kurt Darren se klein Kyrah dit uit!

Die smeulende Justin Serrao se weergawe van Kinders van die Wind sleur luisteraars mee

$
0
0

Binne ’n paar kort weke het die Engelsman Justin Serrao iets reggekry waarvan talle kunstenaars net kan droom. Hy het met sy nuwe musiekvideo die land omtrent aan die brand gesing en dit boonop in Afrikaans.

Justin Serrao

Justin Serrao se nuwe weergawe van die Koos Dup-treffer is reeds meer as 15,000 keer op YouTube gekyk.

Justin (28), ’n sanger van Roodepoort wat luisteraars al met country-poptreffers soos Raining in my Soul en No One Cares vermaak het, verras nou met sy verwerking van die Koos du Plessis-liedjie Kinders van die Wind.

“Hoewel ek eintlik Engels is, het talle mense my al gevra of ek nie in Afrikaans wil probeer sing nie,” vertel dié Engelsman op sy beste Afrikaans. “Wel, die tyd het aangebreek.”

Justin het saam met ’n vriend, Regardt Scheepers, die projek #ToeEnNou begin. “Met hierdie reeks wil ons hulde bring aan groot Afrikaanse liedjieskrywers en sangers,” vertel Justin. En daar is geen beter manier om die projek te begin as met Koos du Plessis se musiek nie.

Lees ook: Pierre Greeff en Loki Rothman voer jou mee in roerende duet saam

“Sy lirieke het soveel betekenis en ontroer baie mense. Kinders van die Wind het beslis ’n spesiale plekkie in die hart van Suid-Afrikaners.”

Met die projek wil Justin en Regardt nog talle ander Afrikaanse treffers ’n nuwe baadjie aantrek. Oor watter lied hulle volgende gaan aanpak, is Justin nog geheimsinnig. “Dis eintlik ’n verrassing,” sê hy. Maar hy verklap wel luisteraars kan ook uitsien na musiek van Anton Goosen en Lochner de Kock.

“Die reaksie op Kinders van die Wind was ongelooflik,” sê Justin. Die musiekvideo daarvoor is reeds byna 15 000 keer op YouTube gekyk.

Hul nuwe weergawe van die liedjie het selfs die aandag van Steve Hofmeyr getrek. Hy het gevra Justin en Regardt moet die lied by een van sy vertonings sing.

Lees ook: Eerste voorsmakie van gewilde Jay en Lianie se prettige nuwe musiekvideo

Maar vloei die Afrikaanse lirieke maklik oor sy tong? Justin lag. “Dis nogal ’n uitdaging om Afrikaans te sing, hoor. Die lirieke van baie Afrikaanse liedjies het soveel betekenis en die melodieë is so meesleurend. Dit is vir my ’n voorreg om hulde te bring aan hierdie ryk erfenis.”

Justin was vyf jaar oud toe hy aan musiek blootgestel is. “My oom het kitaar gespeel en ek het net gedink dis awesome,” onthou hy. “Wanneer hy nie daar was nie, het ek in sy kamer ingesluip en op sy elektriese kitaar ge-jam!”

Hy het intussen al ’n ver pad gestap en het reeds twee albums uitgereik. ’n Derde word in Augustus uitgereik, maar gaan vir eers, nes die voriges, net Engelse snitte bevat.

Lees ook op Huisgenoot.com:

Dis hoe jy swendelaars se Facebook-skelmstreke uitken
Sinead O’Connor ongedeerd gevind ná polisiesoekto
3 kg haarbol uit vrou se maag verwyder ná sy 22 jaar lank haar hare kou
Dié webwerf kan glo voorspel wanneer jy doodgaan – wil jy weet?
Susan Sarandon ontketen storm met skokaantyging teen Woody Allen

Luister: Pieter Koen en Cordelia wil harte verower met dié liedjie

$
0
0

Met liedjies soos Mal In Jou Kop en Eerste Woorde het die sangeres Cordelia behoorlik die Afrikaanse musiekgemeenskap aan’t gons gehad.

Nou is daar ’n dubbeldoor-bederf vir haar aanhangers. Op 16 Mei het sy ’n nuwe duet-enkelsnit uitgereik saam met die televisie-aanbieder en sanger van Man Van Staal en Wat Die Hart Van Vol Is: Pieter Koen.

Die liedjie, Spel Van Liefde, beloof om aanhangers van Cordelia en Pieter van vreugde te laat dans.

Oor die samewerking met Pieter sê Cordelia: “Dit was heerlik om saam met hom aan die liedjie te werk; dit was ’n groot voorreg.”

Foto: Starburst Promotions

Foto: Starburst Promotions

Maar waaroor gaan Spel Van Liefde? “Ons almal speel ’n spel van liefde. Almal het ’n behoefte om deel te wees van ’n liefdespel – ons wil hoort, spesiaal voel en liefde gee. Liefde oorwin alles,” sê Cordelia. Sy het bygevoeg liefde kan nie met geld gekoop word nie.

Pieter sê dit was vir hom ’n groot pluimpie toe Cordelia hom nader. “Ek het nie twee keer gedink om betrokke te raak nie. Cordelia het al die elemente wat ’n kunstenaar nodig het om suksesvol te wees: Sy is gevestig in haarself as mens en weet hoe sy mense se hart wil bereik deur haar musiek.”

Foto: Starburst Promotions

Foto: Starburst Promotions

Kry hier ’n voorsmakie.

Spel Van Liefde is geskryf en getoonset deur Vaughan en Nerine Gardiner. Hugo Ludik en Vaughan het dit vervaardig en by Muse Studios gemeng.

Die liedjie is op Cordelia se debuutalbum, Breek Die Stilte. Dit word deur Real Music Distribution versprei.
 

Ander stories op Huisgenoot.com

Dis hoe jy swendelaars se Facebook-skelmstreke uitken
Hoe Winnie Rust gesterf het kom uit in hof
Sinead O’Connor ongedeerd gevind ná polisiesoekto

3 kg haarbol uit vrou se maag verwyder ná sy 22 jaar lank haar hare kou
Dié webwerf kan glo voorspel wanneer jy doodgaan – wil jy weet?
Susan Sarandon ontketen storm met skokaantyging teen Woody Allen

 

En die 1ste wenner van The Voice SA is . . .

$
0
0

Duisende aanhangers van Suid-Afrika se eerste seisoen van die internasionaal bekende werklikheidstelevisiereeks The Voice het Sondag in afwagting gegons. Die wenner van dié talentreeks het in ’n epiese eindronde harte gesteel met sy rasperstem.


#TeamKahn se Richard Stirton is Suid-Afrika se eerste The Voice-wenner wat in die proses sowat R200 000 losgeslaan het.


Hutmserke vir die vier afrigters en hul spanne het die afwagting behoorlik opgebou. Kahn Morbee se span is met #TeamKahn aangepor en so het aanhangers hulle gunstelinge in sosiale media aangepor. Lira s’n was #TeamLira, Bobby van Jaarsveld se span #TeamBobby en Karen Zoid s’n was natuurlik niks anders as #TeamKaren nie!

Die top vier-deelnemers was #TeamKahn se Richard, #TeamLira se Jeremy Olivier, #TeamBobby se Gavin Edwards en #TeamKaren se Almur Marais. Die vier het The Voice-aanhangers in vervoering gehad met hul laaste optredes.

A video posted by The Voice SA (@voicesa) on

Die program het ongelukkig tydens die finaal tegniese probleme ondervind. Volgens die nuuswebwerf Netwerk24 is die stemme wat tydens die finaal gemaak is, weens dié probleme uitgelaat.

Die wenner is gekies na aanleiding van die sowat 1.5 miljoen stemme wat teen Donderdagaand gemaak is.


EKSKLUSIEF: Gospelsanger Stella slaan asems weg met nuwe musiekvideo

$
0
0

Sanger, liedjieskrywer en lofprysingleier van die groep Duis:Lig, Stella, se eerste enkelsnit Nuwe Môre is vandeesweek landwyd aan radiostasies uitgereik. Sy deel vandag die musiekvideo daarvoor eerste met Huisgenoot.com-lesers.

Stella (Foto: Verskaf)

Stella (Foto: Verskaf)

“Ek is vreeslik opgewonde oor Nuwe Môre. ’n Voluit lewe is ’n avontuur vol hoogte- en laagtepunte. Ek hoop dat die liedjie mense hoop sal gee en sal inspireer om tog die onbekende te betree om sodoende ’n ryker, meer betekenisvolle lewe te kan leef!” vertel sy.

“Die liedjie simboliseer ook die nuwe seisoen vol onbekende dinge wat nou op die voorstoep van my eie lewe is!” sê Stella, wat ook uitgevind het sy verwag haar eersteling terwyl sy aan die liedjie geskryf het.

Stella is g’n groentjie in die musiekbedryf nie. Duis:Lig het in 2015 die Ghoema-prys vir Beste Gospelalbum ontvang en is ook vir drie Tempo-toekennings en twee SAMA-pryse genomineer.

Kyk hier na Nuwe Môre se inspirerende musiekvideo:

Kyk: Adele kap dit behoorlik uit in haar jongste musiekvideo

$
0
0

Die Britse sangeres Adele het die afgelope naweek haar jongste musiekvideo bekendgestel vir haar liedjie Send My Love (To Your New Lover).

Die video is gewys by die jaarlikse Billboard-musiekpryse in Las Vegas in Amerika, waar Adele boonop vir agt toekennings benoem was en een gewen het.

“Julle gaan dit nie glo nie, maar ek dans daarin!” het Adele via ’n videodiens aan kykers en gaste gesê toe sy haar musiekideo bekendstel. Sy is tans besig met ’n toer en moes die prysaand misloop. “Kan julle dit glo? Ek het al my inhibisies verloor – en dit was eintlik nogal pret!”

Die liedjie kom van haar derde album, 25, af. Dit is in Novemeber verlede jaar uitgereik en sy het reeds groot sukses gehad met Hello en When we were young.

Kyk hier na die video en laat weet ons op ons Facebook-blad wat julle daarvan dink!

Lees ook op Huisgenoot.com:

‘Reuse en liggaamlik intimiderende’ man verloor kop in drukverkeer en rand polisie aan
‘Ek is klaar met seuns!’: Tiener deel haar skreeusnaakse dagboek van toe sy sewe was
Dis winter, dit is hoe jy seker maak jou geiser trotseer die koue
Is dit dalk die uitspattigste en vreemdste pizzas ter wêreld?
En die 1ste wenner van The Voice SA is . . .

Die folky Majozi eersdaags op die Liefde by die Dam-verhoog

$
0
0

Nhlanhla Majozi (28), wat in Durban gebore en getoë is, dra sy hart op sy mou. Sy folkagtige klanke het die Suid-Afrikaanse luggolwe met mening getref en sy debuutalbum, Fire, het reeds die derde plek op iTunes in Suid-Afrika ingeneem.

Majozi Photoshoot 17

Majozi sluit hom op 16 Junie by Valiant Swart, Francois van Coke, Theuns Jordaan en ander aan by die Emmarentiadam in Johannesburg vir die musiekfees Liefde by die Dam.

Ons het met hom gesels om uit te vind waarna sy bewonderaars kan uitsien:

1. Wat kan ons van jou optrede by Liefde by die Dam verwag?

Dat ek daar sal wees, sal sing en my kitaar sal speel. Ons gaan soveel pret hê. Die konsert gaan fantasties wees. Ek het my liedjies van my nuwe album geoefen, van die ou goed verwerk en ’n klompie interessante effekte bygevoeg. Ek het hard gewerk om dinge interessant te maak vir die konsertgangers; om aan hulle iets anders te bied.

2. Jy gaan die verhoog met van die bekendste kunstenaars in Suid-Afrika deel. Met watter een van hulle wil jy die graagste saamwerk?

Dit sal heerlik wees om ’n duet saam met Francois van Coke te sing, want ons is goeie vriende. Hy is ’n wonderlike mens en is een van my helde. Ek hou van hom as mens en ek hou van sy musiek.

3. Kan ons samewerking verwag?

Ek weet nie. Miskien. Ek hou dit as ’n verrassing.

4. Is jy ’n bietjie skrikkerig om voor so ’n groot groep Afrikaners te sing?

Ja, natuurlik. Maar ek het in Amsterdam op ’n Afrikaanse fees gesing. En dit is, vreemd genoeg, vir my koel. Veral aangesien ek glad nie in Afrikaans sing nie. Maar ek hou daarvan om te sien hoe ander landsburgers my musiek geniet en saamsing.

5. Jou debuutalbum is tans no. 3 op iTunes. Vertel ons hoe die album bymekaar gekom het.

Ek wou graag ’n album uitreik. Ek het die proses werklik geniet en het oor die jare in die ritme gekom van weet hoe om musiek te skryf. Dit is groot pret en ek hou van my werk.

6. Van watter snit op die album hou jy die meeste?

Beslis Our Last Goodbye. Ek is trots op die feit dat ek daardie liedjie kon skryf, selfs al voel dit nie asof ek dit geskryf het nie, maar dat dit van elders af gekom het. Elke keer as ek kyk na die lirieke, en die storie agter die lirieke, staan ek in eerbied.

7. Jy het jouself op 13-jarige ouderdom leer kitaar speel. Hoe het jy dit reggekry?

Ek was gelukkig om ’n klomp vriende te hê wat kitaar speel, dus het hulle my soort van gehelp. Dit was later so lekker, ek het bloot aanhou speel en algaande beter en beter geraak. Ek is nie wonderlik of enigiets nie, maar ek dink jy kom op ’n punt waar jy soveel pret daaruit put, dat dit nie saak maak hoe goed jy is nie. Jy geniet net wat jy doen.

8. Waar kom jou liefde vir breërandhoede vandaan?

Aan die begin van my loopbaan het ek iets nodig gehad wat my sou uitsonder van ander mense. Wanneer ek dus hierdie hoed afhaal, is ek net ’n doodgewone kêrel. Maar met die hoed op my kop, het ek my eie persona.

?????

Kaartjiepryse vir Liefde by die Dam begin by R160.

Klik hier om kaartjies te koop. Volg Liefde by die Dam op Facebook en Instagram, sluit aan by die Facebook-geleentheidblad en twiet saam op Twitter.

Hierdie Jakaranda FM-musiekervaring word aangebied deur Huisgenoot, kykNET en TicketPro.

EKSKLUSIEF! Karen Zoid se liedjie spesiaal vir Huisgenoot en vir jóú!

$
0
0

Karen Zoid se nuwe liedjie ter viering van Huisgenoot se 100ste verjaardag vertel van die lewe se soet en suur, nes die tydskrif self.

xx

Karen Zoid het spesiaal ’n lied ter viering van Huisgenoot se 100ste verjaarsdag geskryf. Foto: Anelia Loubser

Dit gaan oor die goeie en die donker tye. Dis vir die glansmense en die “gewone” mense. Trouens, die liedjie is so eerlik, verduidelik Karen, “soos die eerlikste tydskrif in die land: Huisgenoot”.

Daarom is dit juis die volmaakte klankbaan vir die verhaal van ’n tydskrif wat reeds die afgelope 100 jaar ’n Suid-Afrikaanse instelling is.

Huisgenoot word op 20 Mei 2016 ’n eeu oud. Karen vertel sy was dadelik geïnspireer om Waar was Jy? te skryf nadat sy deur die Huisgenoot 100-gedenkboek geblaai het.

“Ek het die boek toegemaak en met my kitaar op my skoot die koor begin sing en skryf,” vertel sy.

’n Wêreld groot, ’n wêreld klein
vol geluk, en ook pyn
bloos of blik,
ons verdwyn.
Kan jy onthou – waar was jy?

Karen vertel dat die lewe nie so skoon is soos ’n spieël nie. “Ons almal beleef goeie en slegte tye. Dit is wat Huisgenoot volksbesit maak: Die stories laat ons onthou ons is nie alleen in hierdie wêreld nie.”

Dié gewilde rocker het Waar Was Jy? die eerste keer tydens die Huisgenoot 100-konsert by die onlangse Absa Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn gesing.

“Die reaksie was baie positief,” vertel sy trots.

“Wat ek graag met die liedjie wou regkry, is dat dit tot almal – van kinders en grootmense tot ou mense – sal spreek; dat almal dit verstaan.”

Huisgenoot se redakteur, Henriëtte Loubser, meen Karen het presies dit reggekry. “Sy het met woorde en melodie die emosies rondom ons mylpaal vasgevang, asook die plek wat Huisgenoot al ’n eeu lank in ons lesers se lewe en hart beklee.

“Huisgenoot skryf onopgesmuk oor gewone mense en bekendes se glorie en teleurstellings, en dit is wat die lied probeer oordra: dat die lewe vol oppe en awwe is, maar dat ons mensheid ons saambind.

“Ons dink dit gaan ’n groot treffer wees!”

Minder as 24 uur nadat die liedjie uitgereik is, het dit die topposisie op die Suid-Afrikaanse iTunes-ranglys behaal.

So kan jy die Huisgenoot-verjaardagliedjie kry:

Die liedjie wat Karen Zoid vir Huisgenoot geskryf het om ons 100ste verjaardag te vier, Waar Was Jy?, is nou op iTunes en Apple Music beskikbaar.

Volg dié stappe as jy die liedjie van iTunes wil koop en aflaai:

1. Laai die iTunes-app af op jou slimfoon, rekenaar of Mac.
2. Maak die app oop en gaan na Karen Zoid se blad.
3. Soek “Waar Was Jy?” en klik op die aflaaiknoppie.
4. Vul jou iTunes-wagwoord in. Dit sal beteken jy betaal vir die liedjie om op jou slimfoon of rekenaar afgelaai te word en jy kan dus soveel keer jy wil daarna luister, wanneer en waar jy wil.

itunes
As jy reeds iTunes het, kan jy Karen se liedjie by hierdie skakel aflaai.

Jy kan ook op Apple Music na die liedjie luister. As jy nie reeds ’n intekenaar is nie, kan jy as ’n toetslopie vir drie maande gratis inteken en na soveel musiek luister as wat jy wil.

Jy sal eers oor drie maande hoef te betaal!

Teken so in op Apple Music:

1. Maak die Apple Music-app oop op jou slimfoon, Mac of rekenaar.
2. Kies “Start your free trial now” en kies ’n plan.
3. Vul jou Apple-ID in of skep ’n nuwe een as jy nie een het nie.
4. Bevestig jou intekening en geniet drie maande se gratis musiek.

apple music
As jy reeds ingeteken is op Apple Music, kan jy na Waar Was Jy? luister deur op hierdie skakel te kliek.

LET WEL:

  • Jy moet internettoegang hê om aan te sluit, na musiek te luister en dit af te laai.
  • Jy het ’n kredietkaart of iTunes-krediet nodig om die gratis toetslopie van drie maande te benut.
  • Jy sal eers nadat die drie maande verby is vir die intekening betaal.

Skud jou vere reg om saam met UB40 te reggae!

$
0
0

Die driestuk bestaande uit Ali Cambell, Astro en Mickey Virtue het reeds die afgelope drie jaar met groot sukses deur Amerika en Engeland getoer.

UB40, Brittanje se suksesvolste reggae-groep van alle tye, is reeds van 1979 op die treffersparade. En daar is oënskynlik geen einde aan die gewildheid van hul musiek nie.

Wie het nie al saamgesing of -gedans op hierdie een nie?

Sedert die groep in 2013 met hul wêreldtoer begin het, het hulle voor een na die ander uitverkoopte gehore, onder meer in Londen se o2-arena en in Amerika opgetree.

Een van UB40 se tydlose treffers . . .

En nou kies drie van die oorspronklike lede van UB40 koers na Suid-Afrika toe met hul Red Red Wine-toer!

Jy kan uitsien na van hul klassieke treffers tydens hul optredes in Kaapstad, Port Elizabeth, Durban en Johannesburg.

Ken jy dalk die deuntjie, maar nie besef dis UB40 se werk nie?

Kaartjieverkope open op Dinsdag, 31 Mei 2016 en is beskikbaar by www.bigconcerts.co.za

Toerprogram
(Aangebied deur: Heart FM, Algoa FM, East Coast Radio, Jacaranda FM en Channel 24)
Kaapstad

Saterdag, 5 November – Grand Arena, GrandWest
Kaartjiepryse: R510 – R745

Port Elizabeth
Dinsdag, 8 November – Nelson Mandela Bay-stadion (Buiteveld)
Kaartjieprys: R480

Durban
Donderdag, 10 November – Durban Botaniese Tuine
Kaartjieprys: R480

Johannesburg
Saterdag, 12 November – Ticketpro Dome
Kaartjiepryse: R450 – R790

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Mense vorm ‘trampolien’ om gesin uit brandende woonstelblok te red
Wêreld se eerste 3D-gedrukte motorfiets lig soos ’n veer
Twee van ons land se mooistes byeen in Monaco!
Gert van Rooyen: ‘Slagoffer’ verbreek stilte ná 39 jaar
‘Ek is so dankbaar’: Vrou wat 18 jaar gelede uit brandende gebou gered is, herenig met haar redder

Viewing all 141 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>