Quantcast
Channel: Musiek – Huisgenoot
Viewing all 141 articles
Browse latest View live

Kyk: Sexy Bobby slaan asems weg met Engelse musiekvideo

$
0
0

Afrikaans se prins van pop het die Engelse media in vervoering met sy nuwe musiekvideo – en dit nogal in Engels! Die The Voice SA-ster het sedert die vrystelling van sy musiekvideo It’s Always Been You is dit al meer as 25 000 keer gekyk.

Kyk net hoe kyk hy so diep in jou oë

Wat dink jy? Moet Bobby in Afrikaans of Engels sing?

Bronne: Channel24; YouTube

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk net hierdie bekendes se verborge talente
Kyk: Pappa Derick Hougaard deel die oulikste foto’s van hom en sy seuns
Oe-la-la! Karlien van Jaarsveld pronk in haar speelpakkie!
Kyk: Juanita du Plessis verklap haar stoutste oomblik en geheime talent


Eksklusief: Martin Bester bekoor in nuwe musiekvideo

$
0
0

Die gewilde JacarandaFM-omroeper Martin Bester het einde verlede jaar vlugtig sy radiostem vir ’n sangstem verruil met die uitreiking van sy eerste enkelsnit, Wat Weet Ek Tog.

Foto: Verskaf

Martin skiet sy nuwe musiekvideo vir die enkelsnit Ou Spoor. Foto: Verskaf

Nou kan sy nuutgevonde aanhangers gretig nader skuif vir sy tweede enkelsnit, Ou Spoor. Dié liedjie word vandag landwyd op radiostasies gespeel, en die musiekvideo word eksklusief op huisgenoot.com bekendgestel.

Lees ook: Hou dié datums oop: Groot geleentheid vir kinderakteurs

Buiten die uitreiking van ’n nuwe liedjie, beloof 2016 om ’n propvol jaar vir Martin te wees. Hy reik later vanjaar sy eerste Afrikaanse album uit en sal ook van einde Maart af weer op die kassie te sien wees as die aanbieder van die werklikheidsprogram Wie’s My Liefie? op VIA (DStv-kanaal 147).

Martin het voorheen programme soos Tweestryd en D.K.N.T. aangebied.

Wie’s My Liefie? is ’n leefstylprogram wat enkellopendes help om liefde te vind. Ou Spoor, Martin se nuwe enkelsnit, gaan ook oor die liefde en hoe paartjies die liefde tussen hulle kan herontdek.

Lees ook: Gedink daar’s net ooievaarstees? Watwou! Bobby hou ’n doekedinee

Maar moenie bekommerd wees nie: Martin gaan steeds aan met sy daaglikse radioprogram op JacarandaFM.

Hier is die splinternuwe musiekvideo vir Ou Spoor:

Ons het dié veelsydige omroeper, akteur, aanbieder en sanger oor sy nuwe musiek en televisieloopbaan gepols.

1. Wat was die inspirasie agter die liedjie Ou Spoor?

Dat alles, veral as dit by die liefde kom, hernu kan word. Partykeer verg dit net ’n nuwe aanslag en ’n bietjie meer moeite, maar niks kan vergelyk word met daai gevoel om met ’n doel op te staan nie. Veral as daardie doel is om ’n beter maat te wees.

2. Sou jy sê jy is ’n romantiese siel?

Ek sou so dink, ja! Ek hou daarvan om iemand spesiaals te verras.

3. Is Ou Spoor dus vir iemand spesiaal geskryf?

Haha, ja. Spesiaal vir almal.

4. Het jy enige pretstaaltjies om te vertel oor die maak van die musiekvideo?

In die hartjie van Pretoria het ons die ideale plek gevind; dit het ’n plaasatmosfeer en het perfek by die gevoel van die liedjie gepas. Al wat ek kan sê, is dat ek baie bly is dat ek nie die een was wat moes dans nie. Ek haal my hoed af vir daardie paartjies! Hulle moes aanhou dans en dans tot ons die regte skoot gekry het.

5. Sien jy uit na jou verskyning op die kassie in Wie’s My Liefie?

Ek is bitter opgewonde! Ek hoop regtig ons bring die regte mense bymekaar. Die adrenalien gaan definitief pomp wanneer die kameras begin draai.

6. Het jy enige spesiale Valentynsdagplanne?

Glo dit of nie, ons skiet die hele dag aan Wie’s My Liefie? Ek dink dit gaan nogal spesiaal wees: ’n Valentynsdagweergawe van ’n liefdesprogram waarop mense na ware liefde soek.

Ander stories op huisgenoot.com:

Sterre skitter by Bolandse première van Vir Altyd
Sexy Bobby slaan asems weg met Engelse musiekvideo
Kyk net hierdie bekendes se verborge talente
Hoe nou? Kyk net watter lawwe verskonings gebruik mense om weg te bly van die werk af!
Nuttige veiligheidswenke om jou spruit te beskerm
Wat is die gevaarlikste dier ter wêreld?



Karen Zoid en Claire Johnston se spesiale oomblik

$
0
0

Karen Zoid en Claire Johnston van Mango Groove-faam het in Donderdagaand se episode van die Republiek van Zoid Afrika die ikoniese treffer Moments Away gesing.

Die ander gas in Karen se republiek was die akteur Marius Weyers.

Sedert die derde seisoen van die Republiek van Zoid Afrika op 7 Januarie begin het, het Karen se verwerkings van geliefde liedjies dadelik Suid-Afrikaanse iTunes-treffers geraak.

Lees ook: Gys de Villiers ontsenu in nuwe rillerprent


Die huidige seisoen se treffers is: Dis ’n Land (saam met Snotkop), Jantjie Kom Huis Toe (saam met Emo Adams), African Dream (Vicky Sampson), Met Jou Aan My Sy (Les Javan) en Tussen Woorde (Juanita du Plessis).

Karen het in 2015, met die tweede seisoen van haar geselsprogram, vir weke die topposisie op iTunes se trefferlys gehaal.

Dié album, Republiek van Zoid Afrika, Volume 2, het nou met die nuwe seisoen nuwe aandag van musiekliefhebbers getrek. Dit is die afgelope weke opnuut een van die gewildste albums op iTunes.

Lees ook: Local is lekker, bewys SA sjef wat in Frankryk Michelin-ster kry

Moments Away kan in die Suid-Afrikaanse iTunes-winkel vir R9,99 gekoop word.

Kitsfeite oor Claire Johnston

  • Hoewel Claire in Hertfordshire, Engeland, gebore is, het sy die grootste deel van haar lewe in Suid-Afrika deurgebring.
  • Sy maak op 10 haar verhoogdebuut as aktrise, danser en sangeres in die blyspel Annie as Tessy die tjankbalie.
  • Claire was 17 jaar oud toe sy by Mango Groove aansluit.
  • Vir haar eerste optrede het sy ’n skrale R60 verdien.
  • Bo en behalwe haar betrokkenheid by Mango Groove, het Claire ook ’n suksesvolle sololoopbaan.
  • Claire kan enige woord blitsig in trurat sê (agterstevoor-om).
  • Haar amptelike Rugbywêreldbeker 2003-liedjie, Together as One saam met Jeff Maluleke, is in Maori vertaal. Dit is nou die amptelike rugbylied vir die Stille Oseaan-eilande.

Bronne: Wikipedia.com, mangrogroove.co.za

Volgende keer op RZA:
In die volgende episode van Die Republiek van Zoid Afrika, wat op 25 Februarie uitgesaai word, kuier die rockdigter Jan Blohm en die RSG-omroeper Martelize Brink saam met Karen.

Ander stories op Huisgenoot.com

Vier spyskaarte wat jou Valentyn sal laat swymel
Deel jou trots op jou dorp met Kwêla
Gedink daar’s net ooievaarstees? Watwou! Bobby hou ’n doekedinee
Man skryf ope brief aan ander mans in die versoeking om te kul: ‘Moenie soos ek met spyt saamleef nie’
Hoekom is daar ’n gaatjie bo-aan my Bic-pen se doppie?

Al die Grammy-wenners vir 2016

$
0
0

Met drie Suid-Afrikaners op die lys benoemdes het vlam van hoop hoog gebrand tydens die Grammy-prysaand wat op Maandag 15 Februarie in Los Angeles plaasgevind het.

Helaas het die engele nie hierdie keer vir Suid-Afrika geglimlag nie.

Wouter Kellerman (Love Language), Ladysmith Black Mambazo (Music from Inala) en die gospelsanger Neville Diedericks (How Awesome Is Our God) het op die gesogte benoemingslys verskyn wat vroeg in Desember 2015 bekendgemaak is. Hulle het egter nie op die rooi tapyt verskyn nie.

Lees ook: Modes wat die koppe laat draai by die Baftas

Tydens die glansgeleentheid was dit die eksentrieke Lady Gaga wat die kollig gesteel het met ’n huldeblyk aan David Bowie. Kendrick Lamar se optrede word ook as een van die hoogtepunte van die aand beskou, terwyl bitter min verbaas is oor die pryse wat Taylor Swift ingeoes het.

“Ek wil my aanhangers bedank vir die afgelope 10 jaar,” het Taylor gesê.

Lees ook: Nog ‘n treetjie nader aan Oscars vir Leo?

Sy is die eerste vrou wat twee keer bekroon is in die kategorie album van die jaar. Haar raad aan al die jong meisies daarbuite was: “Daar sal mense wees wat jou sukses probeer ondermyn of die erkenning vir wat jy bereik het vir hulself gaan toe-eien. Maar as jy op die werk fokus en nie daardie mense toelaat om jou van stryk te bring nie, sal jy eendag wanneer jy kom waar jy wil wees, weet dit is deur jou en die mense wat jou liefhet se toedoen.”

Grammy-wenners
Album van die jaar: 1989 – Taylor Swift
Beste nuwe kunstenaar: Meghan Trainor
Plaat van die jaar: Uptown Funk – Mark Ronson met Bruno Mars
Liedjie van die jaar: Thinking Out Loud – Ed Sheeran (geskryf deur Ed Sheeran & Amy Wadge)
Beste pop-solo-optrede: Thinking Out Loud – Ed Sheeran
Beste popduet/groepoptrede: Uptown Funk – Mark Ronson met Bruno Mars
Beste tradisionele popalbum: The Silver Lining: The Songs of Jerome Kern – Tony Bennett & Bill Charlap
Beste popalbum: 1989 – Taylor Swift
Beste dansopname: Where Are Ü Now – Skrillex & Diplo met Justin Bieber
Beste dans-/elektroniese album: Skrillex en Diplo Present Jack U – Skrillex & Diplo
Beste kontemporêre instrumentale album: Sylva – Snarky Puppy & Metropole Orkest
Beste rock-optrede: Don’t Wanna Fight – Alabama Shakes
Beste metal-optrede: Cirice – Ghost
Beste rockliedjie: Don’t Wanna Fight – Alabama Shakes (geskryf deur Alabama Shakes)
Beste rockalbum: Drones – Muse
Beste alternatiewemusiekalbum: Sound & Color – Alabama Shakes
Beste R&B-optrede: Earned It (Fifty Shades of Grey) – The Weeknd
Beste tradisionele R&B-optrede: Little Ghetto Boy – Lalah Hathaway
Beste R&B-liedjie: Really Love – D’Angelo and the Vanguard (geskryf deur D’Angelo & Kendra Foster)
Beste kontemporêre album: Beauty behind the Madness – The Weeknd
Beste R&B-album: Black Messiah – D’Angelo and the Vanguard
Beste rap-optrede: Alright – Kendrick Lamar
Beste rap/liedjie-samewerking: These Walls – Kendrick Lamar met Bilal, Anna Wise, en Thundercat
Beste rapliedije: Alright – Kendrick Lamar (geskryf deur Kendrick Duckworth, Mark Anthony Spears en Pharrell Williams)
Beste rap-album: To Pimp a Butterfly – Kendrick Lamar
Beste country-solo-optrede: Traveller – Chris Stapleton
Beste country-duo/groepoptrede: Girl Crush – Little Big Town
Beste countryliedjie: Girl Crush – Little Big Town (geskryf deur Hillary Lindsey, Lori McKenna en Liz Rose)
Beste country-album: Traveller – Chris Stapleton
Beste New Age-album: Grace – Paul Avgerinos
Beste geïmproviseerde-jazz-solo: Cherokee – Christian McBride
Beste jazz-album: For One to Love – Cécile McLorin Salvant
Beste instrumentale jazz-album: Past Present – John Scofield
Beste groot-jazz-ensemble-album: The Thompson Fields – Maria Schneider Orchestra
Beste Latynse-jazz-album: Made in Brazil – Eliane Elias
Best gospel-optrede/-liedjie: Wanna Be Happy? – Kirk Franklin (geskryf deur Kirk Franklin)
Beste kontemporêre Christelike musiekoptrede/liedjie: Holy Spirit – Francesca Battistelli
Beste gospel-album: Covered: Alive in Asia (Live) (Deluxe) – Israel & NewBreed
Beste Christelikemusiekalbum: This is Not a Test – Tobymac
Beste roots-gospel-album: Still Rockin’ My Soul – The Fairfield Four
Beste Latynse pop-album: A Quien Quiera Escuchar (Deluxe Edition) – Ricky Martin
Beste Latynse Rock, Urban of Alternatiewe Album: (TIE) Hasta La Raíz – Natalia Lafourcade & Dale – Pitbull
Beste Mexikaanse streekmusiekalbum: Realidades (Deluxe Edition) – Los Tigres Del Norte
Beste tropiese Latynse Album: Son de Panamá – Ruben Blades met Roberto Delgado & Orchestra
Beste Amerikaanse-oorsprong-optrede: See that My Grave is Kept Clean – Marvin Staples
Beste Amerikaanse-oorsprong-liedjie: 24 Frames – Jason Isbell
Beste Amerikaanse album: Something More than Free – Jason Isbell
Beste bluegrass-album: The Muscle Shoals Recordings – The Steeldrivers
Beste blues-album: Born to Play Guitar – Buddy Guy
Beste folk-album: Béla Fleck and Abigail Washburn – Béla Fleck en Abigail Washburn
Beste streeksoorsprongmusiekalbum: Go Go Juice – Jon Cleary
Beste reggae-album: Strictly Roots – Morgan Heritage
Beste wêreldmusiekalbum: Sings – Angelique Kidjo
Beste kinderalbum: Home – Tim Kubart
Beste gesprokewoord-album: A Full Life: Reflections at Ninety – Jimmy Carter
Beste komedie-album: Live at Madison Square Garden – Louis CK
Beste musiekteateralbum: Hamilton – Original Broadway Cast
Beste saamgestelde klankbaan vir visuele media: Glen Campbell: I’ll Be Me – Various Artists
Beste partituurklankbaan vir visuele media: Birdman – Antonio Sanchez, komponis
Beste liedjie vir visuele media: Glory – Common & John Legend
Beste instrumentale komposisie: The Afro Latin Jazz Suite – Arturo O’Farrill en The Afro Latin Jazz Orchestra met Rudresh Mahanthappa (gekomponeer deur Arturo O’Farrill)
Beste verwerking, instrumenteel of a cappella: Dance of the Sugar Plum Fairy – Pentatonix (Ben Bram, Mitch Grassi, Scott Hoying, Avi Kaplan, Kirstin Maldonado en Kevin Olusola)
Beste verwerking, instrumenteel en stemme: Sue (or in a Season of Crime) – David Bowie (verwerk deur Maria Schneider)
Beste opnamepakket: Still the King: Celebrating the Music of Bob Wills and His Texas Playboys – Asleep at the Wheel
Beste verpakte of beperkte-uitgawe-verpakking: The Rise and Fall of Paramount Records, Volume Two (1928-32) – Various Artists
Beste albumnotas: Love Has Many Faces: a Quartet, a Ballet, Waiting to be Danced – Joni Mitchell (geskryf deur Joni Mitchell)
Beste geskiedkundige album: The Basement Tapes Complete: The Bootleg Series Vol. 11 – Bob Dylan and the Band
Beste noukeurig ontwerpte album, nieklassiek: Sound & Color – Alabama Shakes
Vervaardiger van die jaar, nieklassiek: Jeff Bhasker
Beste vermengde opname, nieklassiek: Uptown Funk (Dave Audé) – Mark Ronson met Bruno Mars (vermeng deur Dave Aude)
Beste omringklankalbum: Amused to Death – Roger Waters
Beste noukeurig ontwerpte album, klassiek: Ask Your Mama – George Manahan en San Francisco-balletorkes
Vervaardiger van die jaar, klassiek: Judith Sherman
Beste orkesoptrede: Shostakovich: Under Stalin’s Shadow (Symphony No. 10) – Boston-simfonieorkes
Beste opera-opname: Ravel: L’Enfant et les Sortilèges; Shéhérazade – Saito Kinen-orkes; SKF Matsumoto-koor & SKF Matsumoto-kinderkoor
Beste kooroptrede: Rachmaninoff: All-Night Vigil – Paul Davidson, Frank Fleschner, Toby Vaughn Kidd, Bryan Pinkall, Julia Scozzafava, Bryan Taylor en Joseph Warner; Kansas City Chorale en Phoenix Chorale
Beste kamermusiek, klein ensemble-optrede: Filament – Eighth Blackbird
Beste klassieke instrumentsolo: Dutilleux: Violin Concerto, L’Arbre des Songes – Seattle Symphony
Beste klassieke solo-album: Joyce & Tony – Live from Wigmore Hall – Joyce DiDonato; Antonio Pappano
Beste klassieke samestelling: Paulus: Three Places of Enlightenment; Veil of Tears & Grand Concerto – Giancarlo Guerrero, dirigent; Tim Handley, vervaardiger
Beste kontemporêre klassieke samestelling: Paulus: Prayers & Remembrances – Eric Holtan, True Concord Voices en orkes (saamgestel deur Stephen Paulus)
Beste musiekvideo: Bad Blood – Taylor Swift met Kendrick Lamar
Beste musiekfliek: Amy – Amy Winehouse
Presidensiële verdienstelikheidstoekenning: Irving Azoff
Grammy vir lewenslange bydrae: Run-DMC, Earth, Wind & Fire, Ruth Brown, Celia Cruz, Herbie Hancock, Jefferson Airplane, Linda Ronstadt
Trustees-prys: John Cage, Fred Foster, Chris Strachwitz
MusiCares-mens van die jaar: Lionel Richie

Bronne: Cover Media, washingtonpost.com

Lees ook op Huisgenoot.com:

Musiek kan jou liefdeslewe ’n hupstoot gee
Is wolkbrood die antwoord op jou lae-koolhidraat-gebede?
Minder oefening ‘lei tot kleiner brein’
Die eenvoudige geheim om jou selfoon se batterylewe te verleng

Kyk: Pragtige foto’s van swanger Sorina

$
0
0

Die gewilde sangeres en aktrise Sorina Erasmus, ook bekend as Flooze, is swanger en het eksklusiewe foto’s met Huisgenoot gedeel.

“Tot dusver verloop dinge baie goed,” verseker sy ons. Die nuwe kleinding word na verwagting aanstaande maand gebore.

“Behalwe vir die sooibrand wat deesdae my beste vriend is en Paaseiers wat my vyand is, is ek baie geseënd dat hierdie swangerskap net so vlot soos die vorige een verloop.”

Sorina en haar man, Braam, se eersteling (ook Braam) is in 2014 gebore. Al verloop die tweede swangerskap ewe flink, meen Sorina daar is tog verskille as toe sy twee jaar gelede swanger was met hul seun.

Lees ookKyk net hierdie bekendes se verborge talente

“Met Braambossie kon ek net wanneer ek wou rus, slaap en ontspan. Ek het dit baie rustiger gevat en geen ander verpligtinge gehad nie. Maar nou is Braam daar en hy is superbesig. Ek hardloop omtrent heeldag agter hom aan en is my kanse vir slaap en rus gevolglik maar min.”

Watter boodskap wil sy aan haar dogter oordra? “Wees soos die son – ’n lig wat altyd skyn. Die son bring warmte waar ook al dit in die wêreld is. En dan om elke aand met sonsondergang jou kop te laat sak voor die Koning wat die Groot Lig in die lewe is.”

Sorina weet goed die roetine in haar huis gaan nou soos handomkeer verander, al is dit belangrik dat dinge om klein Braam se onthalwe so normaal moontlik gehou word.

Lees ook: Is dit pienk of blou vir Die Flooze?

“Ons het pas ’n ekstra bed by die hoofslaapkamer ingedra, want ons al vier gaan nou almal saam daar slaap – one big happy family!” vertel sy. “Ons is ’n hegte gesin wat daarvan hou om almal bymekaar te wees.”

Haar nuwe album, Hoofletters, is doelbewus laat verlede jaar uitgereik; nou is al die harde werk klaar voor die nuwe kleinding gebore word.

Sy het juis haar swangerskap aangekondig in die musiekvideo van die nuwe album se titellied. Nou kyk Sorina net vorentoe en begin solank die dae aftel tot haar dogter eendag saam met haar sal sing.

- Petrus Malherbe

Lees ook op Huisgenoot.com:

Al die Grammy-wenners vir 2016
Leonardo DiCaprio en Maggie Smith se oulike soenkamera-oomblik
Kantoorchaos kom tot ’n einde danksy ‘slim’ stoele
Eend of konyn? Watter een jy sien, verklap baie oor jou

 

Eksklusief: Bok van Blerk sing die nuwe trefferlied vir Modder en Bloed

$
0
0

Die langverwagte temalied vir die nuwe Afrikaanse dramaprent Modder en Bloed is eindelik hier.

Bok van Blerk sing die temalied vir Modder en Bloed. Foto: Verskaf

Bok van Blerk sing die temalied vir Modder en Bloed. Foto: Verskaf

Huisgenoot.com-lesers het Woensdag die eksklusiewe geleentheid gehad om héél eerste behoorlik na Bok van Blerk se splinternuwe treffertemalied vir die rolprent Modder en Bloed te luister.

Ongelukkig was die liedjie net van 09:00 Woensdag-oggend tot 20:00 Woensdag-aand beskikbaar.

Regisseur, skrywer en vervaardiger van Modder en Bloed, Sean Else, en sy musiekvennoot Johan Vorster (van Eden-faam) snoer vir die eerste keer in vyf jaar weer kragte saam deur die temalied vir Modder en Bloed te skryf.

Van hul vorige treffers sluit De La Rey, Ons vir jou Suid-Afrika en Pa en Seun in.

“Die temalied, wat ook Modder en Bloed genoem word, is deur die fliek geïnspireer en vertel van skuldgevoelens en hoe ’n mens jouself kwalik neem as jy nie daartoe in staat is om jou familie te beskerm nie,” vertel Sean.

Lees ook: Sean Else gesels oor sy nuwe rolprent Modder en Bloed

Modder en Bloed speel tydens die Anglo-Boereoorlog af en vertel die verhaal van ’n brawe groep Boerekrygsgevangenes wat op St. Helena-eiland in die Atlantiese Oseaan aangehou word.

“Die liedjie gaan ook oor wat jy as individu, of julle as groep moet doen om van die as te verrys . . . uit die modder en bloed. Jy moet terugdraai na God en die krag vind om voort te gaan.”

Die De La Rey-sanger, Bok van Blerk, sing nie net die temalied nie, hy is ook in die fliek te sien saam met ander gesoute akteurs soos Stian Bam, Altus Theart, Edwin van der Walt en Marno van der Merwe.

Lees ook: Ons gesels met Modder en Bloed se Stian Bam en Charlotte Salt

Modder en Bloed begin 1 April 2016 landwyd in fliekteaters wys.

Kyk hier na die lokprent:

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Ander stories op Huisgenoot.com:

Skoolkind en man sterf in botsing, talle ander beseer
Pragtige foto’s van swanger Sorina
Vir Altyd laat die liefdesvure by die loket brand
Al kry hy nie Grammy nie, maak SA gospelsanger landgenote trots in VSA

Ken jy bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars se regte naam?

$
0
0

Ons ken Suid-Afrikaanse sangers goed. Ons kan hul liedjies woord vir woord saamsing, ons weet of hulle getroud of ongetroud is, wie die nuutste man of vrou in hul lewe is en hoeveel kinders daar is.

bekendes main

Maar eintlik dink jy net jy ken hulle, want het jy geweet Bobby van Jaarsveld se naam is nie eintlik Bobby nie, Jak de Priester se van is glad nie so volksvreemd soos dit klink nie en Adam Tas se regte naam is iets heeltemal meer . . . gewoon?

Ja, talle Suid-Afrikaanse sangers sing onder verhoogname en voor jy dink dit is baie pretensieus, moet jy onthou die verskynsel kom al jare in die vermaakbedryf voor.

Lees ook: Bekendes se verborge talente

In Amerika het sterre soos Marilyn Monroe (Norma Jeane Mortensen, later Baker) en Elton John (Reginald Kenneth Dwight) het hulself aan die wêreld voorgestel met name wat hul ouers nie vir hulle gegee het nie.

Hier in Suid-Afrika het mense lief geraak vir sangers soos Bless Bridges, wat eintlik Lawrence John Gabriel Bridges geheet het, en Min Shaw, wie se naam eintlik Wilhelmina Jacoba Viviers is.

“Baie keer vergemaklik dit dinge vir die musikant,” sê Sean Else, ’n filmvervaardiger wat ook al baie liedjies uit sy pen laat vloei het. “Soms is ’n naam net te moeilik om te onthou en baie van die musikante kies iets wat meer vloei en uitstaan.”

Lees ook: Al kry hy nie Grammy nie, maak SA gospelsanger landgenote trots in VSA

Ons het by van ons land se bekendste kunstenaars gaan uitvind wat hul regte name is en waarom hulle juis dié name gekies het.

Kurt Darren – Kurt Johan van Heerden

kurt

Die musikant Lance James het in die M-NET-program My Story vertel toe hy Kurt in dié se jong dae ontmoet het, was hy bekend as Kurt van Heerden.

“Ek het vir hom gesê dit het nie ’n nice showbiz ring to it nie. Ek het voorgestel ons kry vir hom ’n ander naam. Ons het name begin rondgooi en toe kom dit uit sy broer se naam is Darryn. Ek het vir hom gesê dit klink goed: Kurt Darren.”

Bobby van Jaarsveld – Pieter van Jaarsveld

bobby
Die vriendelike Bobby van Jaarsveld se naam kom van sy pa af. Dié se naam is ook Pieter, en toe sy pa op kleuterskool die rol van ’n bobbejaan kry, het mense hom van Bobbejaan en later Bobby begin noem.

Pieter jr. is toe sommer klein Bobby genoem en die dag toe hy die musiekbedryf betree, het hy besef daar is heeltemal te veel Pieters daar buite. Hy het besluit om Bobby te wees.

Sy ma, Ronél Brink, en mense wat saam met hom grootgeword het, asook sy vrou, Annetjie, noem hom steeds Pieter.

“As iemand wat my gewoonlik Bobby noem my uit die bloute Pieter noem, dink ek altyd ek is in die moeilikheid,” vertel Pieter.

Snotkop – Francois Henning

snotkop
Francois gebruik die naam wat sy pa, Jan Henning, hom gegee het. Jan is vyf jaar gelede aan kanker oorlede.

“Baie tannies dink dit is so ’n verskriklike naam, maar dit is eintlik baie spesiaal,” sê Francois.

Hy vertel toe hy klein was, het sy pa lang ure gewerk. Hy wat Francois is, het behoorlik kattekwaad aangevang wanneer sy pa nie by die huis was nie, en dis hoekom sy pa hom “Snotkop” begin genoem het.

Francois het dit as ’n verhoognaam gekies omdat die lirieke van sy liedjies ook so bietjie stout en tong in die kies is. “Dit (die naam Snotkop) maak my hart warm en laat my aan my pa dink. Boonop is dit eg Afrikaans.”

Nianell – Sonja Nel

nianell
“My geboortenaam is Sonia Aletta Nel.” Toe Nianell begin sing, was daar reeds ’n baie bekende sangeres Sonja op die toneel.

Sy het besluit om die “So” van Sonia weg te laat. “Maar Nia was reeds gebruik toe ek die naam as ’n maatskappy wou registreer. Toe maak ek my van, Nel, aan Nia vas en sit ’n ekstra ‘l’ by, want dit het vir my mooi gelyk. Baie mense noem my Nia. Baie noem my Nianell. My vriende en familie noem my Sonia en my ma het my Sonneblom genoem.” Haar naaste vriende noem haar ook graag Sonskyn.

Dozi – Henk Opperman

dozi
Henk vertel hy het dié naam as jong student in die koshuis gekry terwyl het aan die destydse Technikon Pretoria studeer het.

“Ek het elke aand in een of ander pub gesing. Ek was baie moeg van die singery en het vreeslik baie geslaap.

Toe het een van die seniors my Dozi begin noem.” Toe hy ná baie jare sy eerste CD die lig laat sien, het die platemaatskappy aanbeveel hy doen dit onder Dozi omdat die naam reeds bekend was.

Chris Chameleon – Chris Mulder

chris chameleon
In 1988 het Chris as jong man ’n opvoedkundige treinrit van 10 dae tussen Durban, Johannesburg en Richardsbaai meegemaak. Dis gereël deur ’n rekenaarmaatskappy wat wit en swart jong mense na mekaar wou laat uitreik.

Daar het hy ’n man met albinisme, Cecil, ontmoet met wie hy lang intellektuele gesprekke gevoer het. “Ons het dieselfde belangstelling en filosofieë gehad en idees uitruil.” Hulle het onder meer oor “chameleonism” gepraat.

“’n Mens is ’n ander mens voor jou kêrel as voor jou ma of pa, jou baas of die ou agter die kasregister. Dis nie skynheilig nie; dis net hoe die mens is. Jy word in ’n omgewing gedompel en jy ‘gee ’n sekere kleur af’; daarom is jy nie dieselfde mense nie.”

In daardie stadium was dit vir hom revolusionêr, sê Chris. Hy het baie daarvan in ander mense en in homself raakgesien. In 1990 is sy eerste betaalde orkes die Blue Chameleon genoem, en later jare het hy as Chris Chameleon begin optree.

Jack Parow – Zander Tyler

jackparow
Hy was een aand aan die kuier en het die fliek Pirates of the Caribbean op televisie gekyk. Daarin speel Johnny Depp die seerower Jack Sparrow.

“Toe besluit ek vergeet Jack Sparrow, ek is Jack Parow, die pirate van die caravan park. Gelukkig het ek dit die volgende oggend onthou, al het ek ’n heavy babbelas gehad.”

Zander sê hy is eintlik baie skaam en teruggetrokke en dink die verhoognaam is amper soos ’n skild wat hom beskerm. “Want dit is Jack Parow en nie Zander wat op die verhoog is nie, as dit sin maak.” Hy sê die meeste mense noem hom Zander, maar van sy vriende noem hom Parow. Hy reageer op Parow, Jack en Zander.

Francois van Coke – Francois Badenhorst

francois van coke
Francois het homself dié naam tydens ’n onderhoud gegee nadat Fokofpolisiekar se eerste CD uitgereik is.

“Ek was saam met ’n tromspeler van Vredendal in ’n band en ons het saam met klankingenieur van Vredendal in ’n studio opgeneem. Daar is ’n Coca-Cola-fabriek op Vredendal en almal het iemand van Coke (die fabriek) geken.

“Ons het toe begin dink dit is ’n snaakse van en dit het ’n herhalende grap geword. My ma het my gevra om ’n ander van te gebruik nadat die eerste Fokofpolisiekar CD uitgekom het. My pa is ’n dominee en die hele gemeente het die pastorie gebel om te hoor hoekom ek in so ’n wilde band speel.

“Ek het in ’n onderhoud gesê my naam is nou Francois van Coke omdat ons so lank daaroor grappe gemaak het. Dit het van daar af ge-stick.”

Hy reageer op Francois, Frannie, Van Coke, Francois van Coke en Coke.

Jak de Priester – Jako Roux

jak de priester
Jako sê rondom 2001/2002 was hy ’n student op Tukkies. Sy een vriendin wat kuns studeer het, het haarself Pinkey Lin gedoop en hy het homself Jak de Priester begin noem.

“Daar was nie ’n rede nie. Dit het niks met preek of godsdiens te doen gehad nie. Daai tyd was ons baie beïnvloed deur mense soos Koos Kombuis en Johannes Kerkorrel.”

Jak de Priester het vir hom “so half Nederlands Hollands en bietjie weird” geklink. Jako sê hy was nog Jako toe hy as onderwyser gewerk het en een oggend voor skool het hy die hoof en die res van die personeel meegedeel dat hy van nou af Jak de Priester sal wees.

Hy sê selfs sy ma sal hom bel en sê: “Hallo, Jak de Priester.” Sy vrou, Michelle Roux, en baie van sy naaste vriende noem hom JDP (Jak de Priester).

Elvis Blue – Jan Hoogendyk

elvis
Hy het lank vergeefs probeer om CD’s onder die naam Jan Hoogendyk uit te reik.

“Ek het geweet die musiek is goed, maar die CD’s het nie verkoop nie, ” vertel Jan.

In daardie stadium het sy vrou by ’n hospies gewerk en hy het vir die mense daar gaan kitaar speel. Daar was ’n agtjarige seun met die naam Elvis Blaauw wat graag ’n musikant wou word en hulle het altyd met mekaar geskerts.

“Hy het altyd gesê ek het ’n snaakse naam en ek het vir hom vertel watter cool naam hy het.”

Hulle het nog besluit hulle moet dit dalk na Elvis Blue verander. Jan was baie hartseer toe Elvis Blaauw twee jaar later oorlede is en toe hy die dag vir Idols SA inskryf, het hy besef Jan Hoogendyk gaan nie werk nie en van toe af is hy as Elvis Blue bekend.

Jay – Jaco du Plessis

jay
“Ek reageer meestal op Jaco. Dit is maar my naam van geboorte af . . . eintlik Jan Jacobus Johannes. My Ma noem my Jakkals of Jakes. My vrou noem my manlief en wanneer sy kwaad is, is dit JACO DU PLESSIS!! Op skool is ek Dupie genoem, maar toe ons in die dae voor Afrikaans cool was met Eden begin, het ons die Engelse album Point of No Return opgeneem.

“Daar het ek besluit om al die J’s in my naam te gebruik en vir my ’n verhoognaam te skep. Jay is oorspronklik uit Devanagari (’n ou taal van Indiese en Nepalese afkoms) en kom van die naam Jayavant, wat ‘posessor of victory’ beteken.”

Adam Tas – Francois van der Merwe

adamtas
“Ek het die naam om baie redes gekies. Adam Tas was ’n taalvader: Een van die eerste opgeskrewe pogings van Hollands na Afrikaans was die brief wat Adam Tas aan die VOC geskryf het. Hy was ’n rebel, nes ek ook  in ’n groot mate is.”

Francois sê ’n verhoognaam is bevrydend, want skielik kon Adam Tas goed doen en sê wat Francois nie kon doen nie. “Francois is skaam en teruggetrokke, Adam Tas rock n roll.”

Hy sê die mense na aan hom noem hom steeds Francois; tog reageer hy ewe goed op albei name.

Lianie May – Lianie Oosthuizen

lianie
“Die van May was ’n voorstel van my platemaatskappy, Mozi, in 2007. Johan Vorster en Sean Else wou ’n korter verhoogvan hê wat meer country-agtig klink, soos in die geval van Shania Twain, Faith Hill en LeAnn Rimes.

“Hulle het gevra of ek daarvan sou hou en dit het maar net in plek geval. Ek onthou my pa, wat ’n boer was, het nie geweet wat die idee agter ’n verhoogvan is nie en het gevra wat nou eintlik verkeerd is met ons van (Oosthuizen). Ek moes maar mooi verduidelik!”

- Marelize Potgieter

Lees ook op Huisgenoot.com:

Musiek kan jou liefdeslewe ’n hupstoot gee
Is wolkbrood die antwoord op jou lae-koolhidraat-gebede?
Minder oefening ‘lei tot kleiner brein’
Die eenvoudige geheim om jou selfoon se batterylewe te verleng
Babatoelae, haarsalonne en bier – dié maatskappye het die lekkerste byvoordele
Kantoorchaos kom tot ’n einde danksy ‘slim’ stoele

 

 

Kyk: Adele bak ’n skreeusnaakse poets op niksvermoedende winkelassistente

$
0
0

Adele is nie net ’n ongelooflike talentvolle sanger nie, sy is ook skreeusnaaks.

Hello. It’s us. #Adellen #Tomorrow

A photo posted by Ellen (@theellenshow) on

Dié Hello-sanger het onlangs op die Amerikaanse komediant Ellen DeGeneres se kletsprogram verskyn en luidkeels deelgeneem aan ’n poets wat Ellen op ’n paar niksvermoedende werkers by ’n Jamba Juice naby haar studio gebak het.

Tydens die poets moes Adele maak asof sy die moeilikste klant ooit is wat ’n rits onvanpaste versoeke aan die werkers rig. Kalm, maar duidelik ook oorbluf dat Adele voor hulle staan, probeer die werkers haar op elke manier te vrede stel.

Maar hoe harder hulle probeer, hoe meer buitensporig raak haar versoeke. Soos toe dit tyd word om te betaal, vra Adele ewe: “Wat, moet ek betaal? Ek is ’n celebrity.”

Natuurlik het Ellen deurgaans in Adele se oor gefluister presies wat sy moes sê. En die feit dat Adele die heeltyd saamgespeel het, maak die Jumba Juice-werkers se reaksies net soveel snaakser.

Kyk hier na die poets:

Ander stories op Huisgenoot.com

Wen! Drie nagte in die Magoebaskloof Hotel
Week oue baba oorleef op stortingsterrein
Babadolfyn dood ná skare selfies by hom neem
Jennifer Garner ‘wil kinders gelukkig hou’ ná skeiding
Ken jy bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars se regte naam?
Opgewondenheid oor nuwe kankerbehandeling
Romantiese huweliksaanbod toe eintlik ’n wrede poets


Kyk: Gewilde sanger pak nare gewoonte om op jou selfoon te wees terwyl jy bestuur in musiekvideo

$
0
0

Die bekende Afrikaanse sanger van Pretoria, Len Muller, se nuwe enkelsnit Vir Die Een Wat Geval Het is op 22 Februarie 2016 landswyd aan radiostasies uitgereik.

len use

Maar vir Len is dit veel meer as net sy jongste enkelsnit. Dit gaan oor met ’n nare persoonlike ondervinding wat hy ’n paar jaar gelede gehad het.

Lees ook: Byna helfte van SA is opgaarders – is jy een?

“Ek was in ’n ernstige motorongeluk betrokke omdat my vriend dronk bestuur het.”

Met sy nuwe lied wou Len ’n sterk boodskap oordra wat ’n verskil in mense se lewens kan maak.

“Dit het my laat dink dat om op jou selfoon te tik en te bestuur net so sleg soos dronkbestuur is, omdat dit nie net jou eie lewe in gevaar stel nie, maar ook die van ander mense op die pad.

“Ek is vreeslik skuldig daaraan, maar die lied gaan oor tweede kanse en in die musiekvideo probeer ons dit ook so uitbeeld.”

Hoewel die ongeluk ’n paar jaar gelede plaasgevind het, het Len onlangs ’n onstellende droom oor sy eie begrafnis gehad.

“Die begrafnisondernemer het gepraat oor geure en dat ons elkeen ’n sekere geur agterlaat. Ek onthou ek het vir myself gestaar wat daar in die kis gelê het en ek het gewonder wat my lewe beteken het . . . Dit het my laat dink aan my nalatenskap.”

Lees ook: Man se liefdestaak om sy vrou weer te sien glimlag

“Toe ek die oggend wakker word, het ek toevallig ’n skryfsessie met my goeie vriend Jattie de Beer geskeduleer. Hy het die oggend ingestap, by die klavier gaan sit en Vir Die Een Wat Geval Het se inleiding begin speel. Ons het binne twee ure saam die lied geskryf.”

*Vir Die Een Wat Geval Het se musiekvideo word eksklusief op 5 Maart 2016 op kykNET se program Jukebox bekendgestel.

Kitsfeite oor Len:

Len is oorspronklik van Richardsbaai afkomstig.
Hy was tot aan die einde van 2011 voorsanger van die alternatiewe-rockgroep DieFoute.
Len se debuut-album Doodgewone Avontuur is in 2015 uitgereik
Sy liedjie Smag Na Jou verskyn op die klankbaan van die fliek Strikdas.
Len se musiekvideo Sarie Marais in samewerking met Stef Bos het so pas die 10 000-kykerkerf verbygesteek.

Bronne: netwerk24.com, kyknetdstv.com, facebook.com

Ook op Huisgenoot.com

Wonderlike hereniging tussen oorstelpte vrou en haar hond
Bekoorlike Cabbage Patch Kids keer terug
Seekoei maak man dood op Valentynsdag
K2-tweeling se foto’s gebruik vir aanlyn leuens

Kyk: Karen Zoid en Jan Blohm gee Groen Trui saam nuwe lewe

$
0
0

Karen, Carike en Pedro zoem tot in kykers se harte

$
0
0

Karen Zoid, Carike Keuzenkamp en Pedro Kruger het Donderdagaand kykers op ’n nostalgie-reis geneem met hul weergawe van die ikoniese en geliefde Afrikaanse treffer, Byeboerwa.

Carike en Pedro was gaste op Karen se gewilde geselsprogram, Republiek van Zoid Afrika. Toevallig is die program ook uitgesaai op Carike se verjaarsdag.

Ouder gewoonte is die program afgesluit met ’n gewilde liedjie en gisteraand was dit Byeboerwa se beurt – Karen het saam met Carike dit gesing, met Pedro agter die klawers.

Sedert die derde seisoen van die Republiek van Zoid Afrika vroeër vanjaar begin het, het Karen se verwerkings van geliefde liedjies dadelik Suid-Afrikaanse iTunes-treffers geraak.

Tot op datum het Dis ’n Land (met Snotkop), Jantjie kom Huis toe (met Emo Adams), African Dream (met Vicky Sampson), Tussen Woorde (Juanita du Plessis), Met jou aan my Sy (Les Javan), Moments Away (Claire Johnston) en Groen Trui (Jan Blohm) almal tot bo-aan die trefferlys geklim.

Hierdie is beslis nostalgie op sy héél beste.

Ander stories op Huisgenoot.com:

Ontmoet Gizmo en Nonnie, die twee Yorkies wat onlangs trou aan mekaar beloof het
Hierdie 19-jarige perderuiter is die wêreld se jongste biljoenêr
Ag moeder! Kyk net hoe oulik is AB de Villiers se kleinding!
Talle diere vrek ná hul vergiftigde karkas in Krugerwildtuin vreet

Karen Zoid en Anneli van Rooyen saam op verhoog – ‘ek is skoon benoud,’ sê Anneli

$
0
0

Met haar gewilde TV reeks op kykNET, Republiek van Zoid Afrika, is Karen Zoid met haar gaskunstenaars bykans weekliks bo-aan die SA iTunes-trefferlys.

Karen en Annelie saam op die verhoog. Foto: Anelia Loubser

Karen en Annelie saam op die verhoog. Foto: Anelia Loubser

Nou kan Karen se aanhangers hierdie Vrydag haar in ’n spesiale konsert by die Woordfees in Stellenbosch sien optree met gewilde gaskunstenaars soos Bobby van Jaarsveld, Emo Adams, Zolani Mahola, Kahn Morbee, Vicky Sampson en Francois van Coke. Maar, vir die eerste keer in ’n lang tyd kan Suid-Afrikaners ook weer die legendariese Anneli van Rooyen sien optree.

Lees ook: Karen Zoid en Jan Blohm gee Groen Trui saam nuwe lewe

“Ek en Anneli het verlede week in Pretoria gereperteer. En sy is ’n legend, dus om haar ná al hierdie jare saam met my op die verhoog te hê, met só groot gehoor, gaan ’n onvergeetlike oomblik wees,” het Karen aan Huisgenoot gesê.

Anneli is ewe opgewonde om by die Woordfees op te tree.

“Ek is skoon benoud, maar ek sien ontsaglik uit daarna om die atmosfeer, die mense en die musiek te beleef,” vertel Anneli.

Lees ook: Karen, Carike en Pedro zoem tot in kykers se harte

“Karen se program is ’n blockbuster! Dis ’n voorreg en ’n fees om daarvan deel te mag wees.”

Karen en Annelie vroeër  saam in aksie op Republiek van Zoid Afrika. Foto: Anelia Loubser

Karen en Annelie vroeër saam in aksie op Republiek van Zoid Afrika. Foto: Anelia Loubser

Die Republiek van Zoid Afrika-konsert is Vrydag 11 Maart om 20:00 by die Coetzenburg-stadion en is deel van die Woordfees waarvan Media24 een van die borge is. Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

Ander stories op Huisgenoot.com

Beïndruk motorgeesdriftiges as jy weet SA se Motor van die Jaar is . . .
Ma takel stigma: ‘My dogter is meer as net die geboortemerk op haar gesig’
Kyk net! Kaalbas Sharon Osbourne herskep Kim K se naakselfie
‘Dit is net God se genade’: Tweejarige terug by die huis ná boetie hom uit swembad red
Kyk: Oscar Pistorius se eks is smoorverlief!

Suidooster-temalied kry spoggerige musiekvideo

$
0
0

Die gewilde Kaapse sanger, Alistair Izobell, het ’n musiekvideo van kykNET se gewilde sepie, Suidooster, se temalied opgeneem. In dié video, wat op die stelle van Suidooster by Atlantic Studios geskiet is, verskyn van die akteurs ook.

“Alistair Izobell is een van ons land se veelsydigste en dinamiese kunstenaars, daarom is dit so gepas dat hy die temalied van Suidooster, wat hy geskryf het, ook sing. kykNET deel graag hierdie musiekvideo met al sy aanhangers en Suidooster-kykers,” het Karen Meiring, direkteur van Afrkaanse kanale by M-Net, gesê.

Die musiekvideo is binne ’n dag by Suidooster se ateljee, net duskant Milnerton in Kaapstad, geskiet.

“Dis vir my so groot voorreg om met Suidooster geassosieer te word, want dis waarlik ’n program wat die Kaap en sy mense verteenwoordig,” sê Alistair.

“Die suidooster is immers ook die Kaapse Dokter, en ek hoop die temalied en musiekvideo laat mense ook altyd beter voel.”

Volgens Paul Venter, een van Suidooster se vervaardigers, het kykers aanhoudend sedert die depie sowat vier maande terug begin het, gevra wanneer hulle ’n musiekvideo van die temalied kan verwag.

“Alistair is ’n legende in die Kaap en kaartjies na sy vertonings verkoop soos soetkoek! Hy is vir Kapenaars so Kaaps soos die suidooster, en daarom het ons hom ook gekies om die temalied te skryf en te sing.”

“Met dié musiekvideo stel kykNET Alistair aan alle Suid-Afrikaners bekend,” sê Paul.


Lees ook op Huisgenoot.com:

Tokai-vier stel nuwe eise kort voor tweede hofverskyning
Derick se roerende brief aan Joost
Wanhopige ouma se ope brief: ‘Help! My kleinkind is ’n bedorwe brok!’
Dis waarom jy nooit aartappels in die yskas moet hou nie
‘Ek hou jou dop!’: Man vind onheilspellende 15 jaar oue boodskap in sy kaggel
Massamoordenaar Anders Breivik kla oor ‘onmenslike toestand’ van sy tronksel

Meghan Trainor: Ek verstaan nie die hele ‘groot lippe’-neiging nie

$
0
0

Die 22-jarige popster is bekend vir liedjies soos All About That Bass en Lips Are Movin, en ook vir haar vreesloosheid wat betref haar mening lug.

Meghan Trainer (Foto: Cover media)

Meghan Trainor (Foto: Cover media)

Meghan Trainor het in ’n onderhoud met die Britse tydskrif Fabulous haar mening oor lipvullers, soos wat die werklikheidstelevisiester Kylie Jenner laat doen het, gedeel.

Lees: Kylie Jenner pryk skielik weer met dun lippies en laat omtrent die internet kopkrap

“Ek verstaan nie die hele ‘groot lippe’-neiging nie. Ek het nie lippe nie. Ek vra my grimeerkunstenaar om dit groter in te kleur. Ek hou nie van die idee van plastiese chirurgie nie – jy sny aan jou gesig!” sê sy.

“Ons het nie eens tatoes in my familie nie. Ek weet my lyf gaan afsak en ek wil nie hê tatoes, waarvoor ek betaal het, moet op die ou end soos ’n lelike blerts lyk nie.”

Meghan se kurwes maak haar ook gewild en sy vlei graag haar figuur in stylvolle uitrustings. Sy bevorder nou wel selfvertroue in haar lirieke, maar die brunet is soms ook maar onseker oor haar lyf.

“Ek is onlangs winkel toe om ’n winterbaadjie te koop en die enigste grootte waarin ek kon pas, was ’n XL. En selfs dit het net-net gepas. Mense sê altyd vir my: ‘Jy is nie eens so groot nie!’ Maar sulke oomblikke kan jou laat sleg voel. Ek is hartseer en vies by die winkel uit.”

Lees: Van ‘plasentadrankies’ tot kriekmeel: Dié is die vreemdste kosgiere waarvan jy moet weet

Hoewel sy nie beplan het om ’n soort woordvoerder vir vroue met kurwes te word nie, is Megham dolgelukkig daarmee om ander gemaklik in hul vel te laat voel. Om te hoor haar woorde moedig ander aan om hul lyf te aanvaar, maak die verantwoordelikheid wat daarmee gepaardgaan, die moeite werd.

Sy volg nie ’n streng dieet nie en verkies om haarself elke nou en dan te bederf. Sy oefen gereeld.

“My stilis vra my soms om iets aan te trek, dan vra ek: ‘Is dit bedoel vir ’n kleuter?!’

“Ek oefen, want ek moet my longe laat werk. Ek spin ook. Ek klim graag op die fiets. Maar ek’s tevrede met my grootte.”

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk hoe ‘grênd’ is Getroud met Rugby se nuwe stel
Die storie agter dié foto sal jou hart breek
Oe-la-la! Madonna se pragtige dogter hou haar lyf model
Derick se roerende brief aan Joost

Kyk: Huisgenoot vier 100 jaar by die KKNK

$
0
0

Huisgenootlesers hou van musiek – daaroor bestaan daar geen twyfel nie. Meer nog, as daar ’n spesiale geleentheid is, kan jy maar weet daar gaan gewikkel, gesing en tot in die volgende generasie genot uit ’n aand propvol musiek geput word.

Dis presies wat gebeur het tydens die viering van Huisgenoot se honderdste bestaansjaar met ’n konsert wat nie maklik vergeet gaan word nie. Van ons land se topkunstenaars het Saterdag, 26 Maart 2016, die gehoor van meet af aan betower terwyl ongelooflike herinneringe en foto’s van die afgelope eeu op die verhoogskerms gedeel is.

Lees ook: So het kunstenaars soos Robbie, Karlien en Kurt reggemaak vir die #HG100-konsert

Vir diegene wat graag daar sou wou wees, maar ongelukkig nie kon nie, het ons danksy ons KKNK-vriende, kollega Marelize Potgieter en van die feesgangers ’n paar twiets wat ons met julle kan deel.

Lees ook: Pedro Kruger: ‘Jongmense hoef nie dieselfde foute as ek te maak nie’

Dankie vir elkeen – of jy nou ‘n stoel reggeskuif het of deel was van die reuse-produksie agter die skerms, en of jy dit bygewoon het of opgetree het! Terwyl alle (nat) paaie na Oudtshoorn gelei het hierdie naweek, was dit ‘n aand duisend danksy elkeen van julle.


Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Babahondjie ontsnap kake van ’n luislang
Tien wenke oor hoe om ’n prettige Paaseiersoektog vir jou kinders te reël
Kyk: Die internet op hol oor ‘papierdun’ vroue
‘Ek leef nou met my vel’: Brandoorlewende vra ander op modeblog om hul littekens te aanvaar


Eksklusief: Kry hier ’n voorsmakie van Leah se nuutste musiekvideo

$
0
0

Leah het vier Ghoema-benoemings en deel eksklusiewe voorsmakie van nuutste musiekvideo.

Sy is dalk ’n nuweling op die Afrikaans musiekfront, maar die sangeres Leah maak behoorlik naam. Sy is onlangs vir vier Ghoema-toekennings benoem haar nuutste musiekvideo, Volmaan, gaan verseker aanhangers se harte verower.

Sy deel eksklusief ’n voorsmakie van haar nuutste musiekvideo met Huisgenoot.

Oor die betekenis van die liedjie verduidelik Leah: “Daar is ’n sê-ding wat lui ‘die wolf is verlief op die maan’, en huil elke keer as dit volmaan is omdat hy besef dat hy nooit saam met die volmaan sal kan wees nie,” verduidelik sy.

“Die liedje ‘Volmaan’ ondersoek hierdie gedagte dat twee mense onder die Volmaan ’n perfekte liefde kan vind, in teenstelling met die wolf se verlore liefde.”

Sy is baie dankbaar vir haar Ghoema-benoemings as Nuweling van die Jaar, Vroulike kunstenaar van die Jaar, Beste kontemporêre Album en Liedjie van die Jaar. Laasgenoemde is vir haar liedjie “Met jou Klere aan” wat deur Johan Vorster en Ewald Coleske geskryf is.

‘Met jou klere aan’

- Joshua Carstens

Ander stories op Huisgenoot.com

Hoekom is daar ‘n gaatjie aan my Bic-pen se doppie?
Het jy al ooit oor die oorsprong van ritssluiters gewonder?
Man stel aanlyn profiel as vrou op, met skokkende gevolge
‘Ek hou jou dop!’: Man vind onheilspellende 15 jaar oue boodskap in sy kaggel
Nee, ’n vrou het nie die tikmasjien uitgevind nie . . . maar kyk net wat het die skoner geslag wel uitgevind

Kyk: Rocco de Villiers en Karen Zoid gaan jou lus maak om te tango

$
0
0

“Ons was soos Frank Zappa,” beskryf Rocco de Villiers sy en Karen Zoid se optrede tydens kykNET se Republiek van Zoid Afrika. Die duo het die kassie Donderdagaand met Tango For Two Saints aan die brand gehad. As jy dit nog nie gesien het nie, kyk hier.

Ook op Huisgenoot.com

Kyk: Mynie Grové en Karen Zoid gee die lied ‘Sweef soos ’n arend’ nuwe vlerke
Kyk: Karen, Carike en Pedro zoem tot in kykers se harte
Kyk: Karen Zoid en Jan Blohm gee Groen Trui saam nuwe lewe
Karen Zoid en Claire Johnston se spesiale oomblik
Kyk: Juanita du Plessis verklap haar stoutste oomblik en geheime talent
Adv. Thuli Madonsela beïndruk kykers op die Republiek van Zoid Afrika

Kyk: Braaf, ’n liedjie deur Charlize Berg, is pas uitgereik

$
0
0

Die sangeres Charlize Berg het die liedjie Braaf, wat op haar nuwe album, As Jy Weet Dis Liefde, verskyn, Saterdag op Jukebox bekendgestel.

Ander liedjies op die album wat aandag trek, is Hartseer Hart, As Jy Weet Dis Liefde, Asof Liefde Nie Seermaak Nie en Ontbreek.

Die liedjie Braaf is in ’n woud opgeneem om die idee van ’n sprokiesverhaal verder te voer.

Kyk: Danspassies van knapie in kruisbande bekoor

Verskuilde spieëls tussen die lowerryke plantegroei verweef, versterk die liefdesverhaal van twee mense wat dapper kan wees, al is hulle nie meer bymekaar nie.

Elke mens kom op een punt in hul lewe waar dinge dalk nie uitgewerk het soos hulle beplan het nie, of waar ’n mens somtyds wil moed verloor . . . asof jy verdwaal in ’n woud, sonder rigting.

Die video gaan daaroor om die dapper, sterker mens wat jy weet jy kan wees, te soek en te konfronteer. Dit is soos om vir jou spieëlbeeld te kyk, die dapper mens te vind en weer aan te gaan.

Charlize is opgewonde oor haar nuwe album. Sy was deel van die skryfproses en die kies van elke liedjie. “Dit beteken vir my iets persoonliks; ek gee ’n stukkie van my hart.”

Kyk: EKSKLUSIEF: Hier is Charlize Berg se splinternuwe musiekvideo

Volgens haar kan aanhangers ’n eiesoortige album verwag wat wissel van saamsing-liedjies tot danstreffers en ballades.

“Die album is deur liefde geïnspireer: om jouself op te tel ná ’n gebroke hart of om by ’n punt te kom in jou lewe waar liefde jou altyd sal inspireer om jouself te kan wees,” sê sy.

Ander stories op Huisgenoot.com

‘Sy gee my hoop’: Neels van Jaarsveld gesels oor die toekoms, die liefde in sy lewe
Kyk: Babahondjie ontsnap kake van ’n luislang
Kyk: Die internet op hol oor ‘papierdun’ vroue
Lianie May verklap iets oor haar gesondheid wat aanhangers nie geweet het nie
Anneli van Rooyen praat oor haar siekte: ‘Soms is daar amper niks van my oor nie’

Eksklusief: Sexy Marno van der Merwe reik eerste enkelsnit uit!

$
0
0

Die veelsydige Marno van der Merwe is nie net ’n mooi gesiggie op die kassie nie; hierdie 31-jarige kunstenaar hou ook graag sy lyf sanger.

Die ster van TV-reekse soos Sterlopers (op kykNET) en Roer jou Voete (op SABC 3) en flieks soos Modder en Bloed vertel die kunste is al van kleins af in sy bloed. “Van kleintyd af wou ek net mense vermaak met sang, dans en toneelspel,” vertel hy.

Lees ook: ‘Sy’t ja gesê!’: Geliefde akteur het die skoot omtrent hoog deur ná verlowing

Marno het self sy eerste enkelsnit, Uitverkoop aan Ons, geskryf. Die liedjie handel grootliks oor die liefde, spesifiek hoe Marno dit sien. “Liefde is nie iets wat ligtelik opgeneem moet word nie,” verklap hy sy siening. “Dis veronderstel om permanent te wees.”

Daarom sing hy hier: Dit is amper iets soos ’n kontrak. As jy dit geteken het, is dit bindend. Maar vanuit ’n liefdesoogpunt is dit vrywillig bindend.

Die enkelsnit word later vandeesmaand uitgereik. Later vanjaar reik Marno ook sy debuutalbum uit.

Marno vertel hy maak al van sy laerskooldae in Rustenburg af musiek. Op 10 was hy reeds vaardig agter ’n tromstel waarna hy homself leer kitaar speel het. Ná skool het hy ’n kursus in teologie aan die Lewende Woord-Bybelkollege gevolg, “maar my passie vir die verhoog het oorgeneem en ek moes kies”.

Lees ook: Braaf, ’n liedjie deur Charlize Berg, is pas uitgereik

Met geen formele opleiding of ervaring nie, maar met ’n sak vol drome, het hy die een oudisie ná die ander bygewoon en eindelik in 2008 sy eerste rol – in ’n Barnyard-produksie – losgeslaan.

Hy is tans te sien as JJ Ratel Wessels in die oorlogsprent Modder en Bloed.

Buiten sing en toneelspel is Marno ook lief vir sport. “Ek het ’n voorgee van 10 op die gholfbaan en doen gereeld rotsklim,” vertel hy. Hy is ook ’n kranige perderuiter en reis ook graag. “Ek probeer elke jaar ’n nuwe plek of land in die wêreld ontdek.”

SINGLE COVER  600

– Petrus Malherbe

Ander stories op Huisgenoot.com:

Ouma oorleef wonderbaarlik ná sy deur veiligheidshek se spitspen deurboor word
Is dit dalk beter om bles te wees?
‘Sy’t ja gesê!’: Geliefde akteur het die skoot omtrent hoog deur ná verlowing
Kyk: Kettingbotsing in China laat hoofweg soos ’n skrootwerf-nagmerrie lyk
Eksklusief: Ontmoet Koekedoor 2 se tien nuwe deelnemers

Kyk: Dis ‘Vive la France’én ’n nuwe musiekvideo vir Francois van Coke!

$
0
0

Die plaaslike rocker Francois van Coke geniet dit terdeë oorsee.

Hy en sy vrou, Lauren, het hul lyf onlangs toeris gehou in die Franse hoofstad, Parys. En natuurlik kon hulle skaars wag om kiekies voor die Eiffeltoring te neem.

Dié koel paartjie het hul vakansiefoto’s op die sosiale netwerk Instagram gedeel. Hulle het selfs saam met “Mona” poseer – dis nou die Mona Lisa-skildery in die Louvre-museum.

A photo posted by Lauren Badenhorst (@laliewild) on

Hul volgende stop? Nederland. Francois tree Saterdag in Amsterdam op saam met Die Heuwels Fantasties en Majozi. Dis omtrent ’n opwindende week vir dié rocker.

Lees ook: Francois van Coke gesels oor ouderdom en sê hoe dit hom verander het

Hy het ook Donderdag op Instagram laat val dat hy Vrydag die musiekvideo vir hom en sy “held” Arno Carstens se liedjie Ek Weet Nie uitreik.

Kyk hier na Ek Weet Nie deur Francois saam met Arno Carstens.


— Lara Atson

Ook op Huisgenoot.com

Kyk net wat het hierdie hond aangevang toe hy alleen tuis gelos word!
Hierdie plusgrootte-model het die volmaakte antwoord vir mense wat ander se lyf afkraak
Kyk: Kan jy die versteekte prentjie binne dié rooi kol sien?
Hoeveel weet jy van Jan van Riebeeck?
Kyk: Hidroliese pers vernietig enigiets – van Lego tot selfone en gholfballe

Viewing all 141 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>